Dis binnekort weer tyd vir die grootste Afrikaanse musiekgebeurtenis van die jaar, Afrikaans is Groot! Om jou ervaring so gerieflik as moontlik te maak, is hier so ’n paar punte.
Feeste
Vat die ‘pad’ na die jaarlikse Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, wat vanaf 1 tot 31 Desember op die gronde van die Jakaranda Kinderhuis in Pretoria, plaasvind en kom luister na Joe Foster se ‘hartklank’.
Die nuweling Hanco kuier dié jaar saam op die jaarlikse Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, wat vanaf 1 tot 31 Desember op die gronde van die Jakaranda Kinderhuis in Pretoria, plaasvind.
Vakansiegangers, wat in Hartenbos en die omliggende areas is, kan egter op 22, 24, 28 en 29 Desember 2018 uitsien na veel meer as net ’n gewone wegbreek en kan nou al hulle plekke bespreek vir die tweede In Afrikaans-konsertreeks.
Die sangeres Sharoney is vanjaar deel van die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees wat vanaf 1 tot 31 Desember op die gronde van die Jakaranda Kinderhuis in Pretoria plaasvind.
Feesgangers by die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees kan daarna uitsien om op uitgesoekte aande vermaak te word deur top-musikante.
Feesgangers wat die Madeliefie Makietie, op 26 en 27 Oktober op Strandfontein bywoon kan uitsien na ’n bykomende bonus.
Die sanger, Dirk van der Westhuizen, wat bekend is vir treffers soos Sexy Vi My, Spoel My Af en Gooi Jou Suiker Op My gaan vanjaar op Afrikaans is Groot sing.
Goeie nuus vir musiekliefhebbers in Kaapstad! Die immergewilde Liefde By Die Dam-konsert, wat elke jaar by Emmarentia Dam in Johannesburg aangebied word, maak vanjaar ook ’n draai in die Wes-Kaap.
Optog! is die grootste enkele konserttoer deur plaaslike sanger, akteurs en musikante en vind tussen Februarie en Desember 2019 plaas op verskeie dorpe oor die hele Suid-Afrika.