Dis binnekort weer tyd vir die Hartenbos In Afrikaans-konsertreeks, wat vanjaar vir die derde keer plaasvind.
In Afrikaans
Ná nog ’n baie suksesvolle Desember van uitverkoopte In Afrikaans-konserte in Hartenbos gedurende 2018, kom dit as geen verrassing dat die eerste twee datums vir vanjaar se konsert reeds vasgemaak is nie.
Een van die hoogtepunte op die In Afrikaans-konsertreeks is die gala geleentheid, Hartenbos in Afrikaans, waar 16 van ons land se gewildste kunstenaars op een verhoog te sien is.
Op 24 Desember word die kerse aangesteek vir ’n aand van Kersliedere onder Hartenbos se sterre.
Op 22 Desember 2018 skop Steve Hofmeyr die In Afrikaans-konsertreeks op Hartenbos af met sy SKREE in Afrikaans ekstravaganza.
Kersfees het vroeg gekom hierdie jaar vir Jo Black! Ná die weghol sukses van sy multi bekroonde, dubbel platinum debuut-album Skepe, is sy splinternuwe album Voel Jy Die Genade gefinaliseer.
Vakansiegangers, wat in Hartenbos en die omliggende areas is, kan egter op 22, 24, 28 en 29 Desember 2018 uitsien na veel meer as net ’n gewone wegbreek en kan nou al hulle plekke bespreek vir die tweede In Afrikaans-konsertreeks.
Na die weghol sukses van die eerste In Afrikaans-konsertreeks op Hartenbos, kan kranige somer vakansiegangers solank hul dagboek nader hark vir vanjaar se konsertreeks.