Die gewilde broerduo Droomsindroom is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Vir Die Son” – ’n warm en opregte liedjie wat luisteraars herinner aan die mense en klein dinge wat die lewe betekenis gee. Die inspirasie vir dié liedjie het ontstaan uit ’n eenvoudige vraag: Waarvoor leef jy? In die aanloop tot die skryf van “Vir Die Son” het Droomsindroom dié vraag ook aan hul volgelinge op sosiale media gestel. Die antwoorde het ’n duidelike boodskap uitgelig: vir die meeste mense lê die grootste betekenis van die lewe nie noodwendig in groot dinge nie, maar in vriende, familie, geliefdes, geloof én…
Skrywer: Redaksiespan
Kurt Darren en Zaan Sonnekus maak elkeen groot golwe in die Afrikaanse musiekbedryf, en nou span dié twee gewilde kunstenaars kragte saam vir ’n vars weergawe van een van Afrikaans se bekendste saamsingtreffers. Op 18 September kry Kurt se ikoniese “Meisie Meisie” splinternuwe lewe wanneer hy en Zaan hul unieke style saambring vir ’n moderne weergawe van die liedjie wat reeds vir generasies gehore aan die sing en dans kry. “Meisie Meisie” het oor die jare sinoniem geword met lekker kuier, dansvloere en daardie kenmerkende Kurt Darren-energie. Met die nuwe weergawe word die nostalgie van die oorspronklike behou, maar Zaan…
Tien jaar, talle treffers en ’n musiekloopbaan wat haar as een van die bekendste stemme in die Afrikaanse musiekbedryf gevestig het. Franja du Plessis vier vanjaar ’n besonderse mylpaal: ’n volle dekade sedert haar debuutalbum, “My Verhaal”, in 2016 verskyn het.
Dian Roux keer terug met ’n aangrypende nuwe enkelsnit, “Groet” – ’n rou en eerlike afskeidslied oor daardie pynlike oomblik wanneer liefde alleen nie meer genoeg is om twee mense bymekaar te hou nie.
Fran Prins is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat daardie ongemaklike vraag vra wat al by menige gebroke hart gespook het: Hoe kan iets wat vir jou soveel beteken het, vir iemand anders net ’n vergete herinnering wees? Sy nuwe liedjie, “Jy Onthou Nie”, is ’n vars en energieke Afrikaanse pop/rock-snit wat nostalgie, verlange en die realiteit van ’n liefde wat nie deur twee mense dieselfde onthou word nie, op ’n besonder treffende manier saamweef. Die liedjie vertel die verhaal van iemand wat steeds elke groot én klein oomblik van ’n besondere verhouding onthou. Van laatnag-tequila en spontane avonture tot…
SENTIMENT maak hul amptelike buiging met hul debuut-enkelsnit, “Ek Wil Jou Sien” – ’n kragtige eerste kennismaking met ’n groep wat groot droom, groot klink en nie bang is om emosie sentraal in hul musiek te plaas nie.
Leah, een van Suid-Afrika se geliefdste kunstenaars, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat dié keer ’n besonder persoonlike kant van die sangeres wys.
Dubbelplatinumverkoper Brendan Peyper sit sy indrukwekkende suksesverhaal voort met die vrystelling van sy splinternuwe enkelsnit, “Ou Dae”.
Die gewilde Afrikaanse musiekgroep Rooksein breek nuwe grond met die vrystelling van ’n splinternuwe agtsnit-EP wat musiek, samewerking en die ontdekking van nuwe talent op ’n unieke manier bymekaarbring.
Een van Afrikaanse musiek se mees energieke kunstenaars, Dirk van der Westhuizen, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat aanhangers onmiddellik herinner waarom hulle oorspronklik op sy klank verlief geraak het.