Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»In Afrikaans»Hartenbos vier weer die feesseisoen ‘in Afrikaans’
In Afrikaans

Hartenbos vier weer die feesseisoen ‘in Afrikaans’

Redaksiespan2 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Lugfoto van verlede jaar se konsertreeks. FOTO: Verskaf

Desember is om die draai en almal sien uit daarna om af te skakel en die somerson ten volle te geniet. Vakansiegangers, wat in Hartenbos en die omliggende areas is, kan egter op 22, 24, 28 en 29 Desember 2018 uitsien na veel meer as net ’n gewone wegbreek en kan nou al hulle plekke bespreek vir die tweede In Afrikaans-konsertreeks, wat by die ATKV-amfiteater op Hartenbos sal plaasvind.

“Hartenbos in Afrikaans is ’n besonderse konsert wat ’n topgehalte produksie is, met die kreatiewe insae van Johan Vorster, Matthys Maree, Carien Laubser en baie ander groot name in die bedryf. Dit is ’n vervaardigde konsert met ’n lewendige orkes en ons belowe dat dit weereens onvergeetlik gaan wees,” verduidelik besturende direkteur van In Afrikaans, Jacomien de Villiers.

“Hierdie konsert is baie uniek. Dit is nie ’n musiek-ekstravaganza nie en, alhoewel daar ’n visuele komponent is, gaan dit oor die treffers wat die publiek wil hoor. Mense kom van regoor die land in Hartenbos bymekaar en geniet die verrigtinge in ’n vrolike vakansieluim. Dit is toeskouers wat nie altyd die groot konserte in die stede kan bywoon nie en daarom is dit ’n groot geleentheid en het dit ’n baie spesiale atmosfeer.”

Na die wegholsukses van die eerste konsertreeks, wat deur nie minder nie as 30 000 feesgangers bygewoon is in 2017, en waartydens die gala-geleentheid se kaartjies reeds vooruit uitverkoop was, het die span by Inhoud Huis Musiek nie ’n ander keuse gehad as om ’n opvolgreeks te reël en dit moontlik ’n jaarlikse instelling te maak nie.

Vanjaar se konsertreeks sal iets bied vir elke musieksmaak en -voorkeur, of jy nou hou van langarm of meer ernstige akoestiese verwerkings. Van die land se grootste kunstenaars, waaronder Steve Hofmeyr, Robbie Wessels, Karen Zoid, Leah, Theuns Jordaan, Riana Nel, Snotkop, Appel, Roan Ash, Douvoordag, Jan de Wet, Juan Boucher, Early B, Jan Bloukaas en vele meer sal op die verhoog te sien wees.

“Ons probeer altyd om musiek te maak wat mense se lewens verander. Daarom het ons kunstenaars soos Jo Black en ander gekies, wat hoop bring deur hulle musiek. Ons wil hierdie jaar baie spesiale oomblikke vasvang wat werklik mense se harte sal aanraak,” sê Jacomien.  

’n Paar hoogtepunte en groot verrassings kan verwag word, waaronder die vrystelling van Jo Black se eerste enkelsnit na sy operasie, asook Robbie Wessels se nuutste liedjie wat die gehoor gaande gaan hê. Beide kunstenaars is baie opgewonde om deel te wees van dié geleentheid en Jo Black sê: “Hartenbos in Afrikaans is een van die hoogtepunte op ons kalender. Ek is regtig opgewonde oor hierdie jaar se konsert – dit gaan nog groter as laas jaar wees!”

Robbie Wessels, wat al ’n ou hand en gunsteling is by feeste meen dat hierdie een van die bestes is waaraan hy al deelgeneem het. “Die In Afrikaans-konsertreeks is die beste manier om die Desembervakansie mee af te sluit. Dis ’n great show met van ons land se grootste kunstenaars in die hartjie van Hartenbos by die amfiteater. Laas jaar se gees was fantasties en ek glo hierdie jaar gaan dit nog lekkerder en groter wees. Ek sien baie uit daarna,”sê hy.

Gedurende die laaste twee dae van die konsertreeks, sal die indrukwekkende treffer – Die Gelofte – ook vir die eerste keer opgevoer word. Dié lied, wat deur Johan Vorster en Christoph Kotzé getoonset is, gaan oor die gebed en eed wat in 1838 deur ons voorgeslagte afgelê is en beloof om hoendervleismooi oomblikke op die verhoog tot gevolg te hê. “Dit vertel van die afhanklikheid van ’n groepie mense wat nêrens anders heen gehad het om te gaan, behalwe na God toe nie. Suid-Afrika het hoop nodig en hierdie lied word spesiaal uitgevoer om mense se oë weer te lig na die plek waar hulle hulp vandaan kom,” sê Johan.

Buiten vir die musiek, sal daar ook verskeie kos- en drankstalletjies en ander uitstallers wees, sodat niemand uitgelaat voel nie.

Toegangskaartjies kan by die hekke gekoop word op die onderskeie dae vanaf 15:00 of aanlyn by iTickets. Feeshekke sal op konsertdae om 17:00 oopmaak. Kaartjies sal ook vanaf 19 Desember by die ATKV-inligtingskaravaan te koop wees.

Die program vir die vier konsertdae, wat deur Pieter Koen aangebied gaan word, lyk so:

SKREE IN AFRIKAANS: Op 22 Desember sal Steve Hofmeyr gehore vanaf 19:30 vermaak met sy SKREE-ekstravaganza saam met lewendige strykinstrumente.

KERSFEES IN AFRIKAANS: Jan de Wet, Douvoordag en Roan Ash sal die Kersgees op 24 Desember afskop om 20:00 met Kersliedere by kerslig. Fondse en donasies word ook tydens hierdie geleentheid ingesamel vir Hartenbos Bejaardesorg.

HARTENBOS IN AFRIKAANS: 28 en 29 Desember is die twee gala-konsertaande waartydens van die bekendste Suid-Afrikaanse musikante, soos Theuns Jordaan, Leah, Jo Black, Snotkop, Karen Zoid, Robbie Wessels, Kurt Darren, Liezel Pieters, Appel, Jan Bloukaas, Riana Nel, Elvis Blue, Early B en meer dié vakansieoord se gehore vanaf 19:30 sal vermaak.

Wat begin het as ’n droom deur Johan Vorster, Jacomien de Villiers en die In Afrikaansspan om ’n hoë gehalte konsert te reël, wat soos die CMA’s, gaan oor die sterkte van die lied en hoe dit mense aanraak, het ontpop in ’n oornagsukses, omdat dit die kultuur en harte van Afrikaners doeltreffend kon vasvang.

Die In Afrikaans Hartenbos-konsertreeks is vir elke plesierige feesganger, wat hou van goeie musiek in hulle Moedertaal, asook ’n lekker kuier en is die perfekte manier om die jaar mee af te sluit.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hartenbos In Afrikaans’ so te sê uitverkoop!
Hartenbos hou wéér konsert ‘in Afrikaans’!
Hartenbos in Afrikaans: ‘Die hart van Afrikaans’
Kersfees in Afrikaans: Kersliedere onder Hartenbos se sterre

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.