Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Liefde By Die Dam»Liefde By Die Dam binnekort in Kaapstad
Liefde By Die Dam

Liefde By Die Dam binnekort in Kaapstad

Redaksiespan26 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Goeie nuus vir musiekliefhebbers in Kaapstad! Die immergewilde Liefde By Die Dam-konsert, wat elke jaar by Emmarentia Dam in Johannesburg aangebied word, maak vanjaar ook ’n draai in die Wes-Kaap.

Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde titel, streef daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien. Die program sorg vir die heerlikste musiek vir jonk en oud, ’n ideale musiekbelewenis vir die hele gesin of ’n lekker dag uit saam met jou besties.

“Dit is uiteindelik tyd om ons dag vol musiek, goeie kos en samesyn ook Kaap toe te bring. Bring jou mense en kom en geniet die dag saam met ons by Meerendal met die wynlande en berge as prentjiemooi agtergrond,” sê Pierre Greeff, een van die lede van Die Heuwels Fantasties asook organiseerder van die konsert.

Agt bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en groepe gaan by die piekniek-styl konsert optree. Die seremoniemeester Schalk Bezuidenhout gaan die program se verloop met ligte vermaak bymekaar hou.

Wimpie van der Sandt, die hoof uitvoerende beampte van Bok Radio, sê dat dit vir hulle ’n maklike besluit was om betrokke te raak by die konsert. “Ons het die laaste drie jaar stelselmatig ons musiek formaat begin aanpas om tred te hou met die veranderinge in die Suid-Afrikaanse musiek bedryf. Daar is die afgelope tyd ’n duidelike kopskuif in die musiekbedryf gewees en ou gunstelinge soos Valiant Swart en Koos Kombuis is baie gewild onder ons luisteraars. Francois van Coke, Die Heuwels en Sunset Sweatshop is almal voormalige Wes-Kaapse Bokkie wenners. Ons hou van die manier wat die manne werk en ons sien uit na ’n lekker show by Meerendal met die top name in Suid-Afrikaanse musiek!”

Liefde by die Dam gaan ook hand aan hand met ’n bietjie liefde gee. Liefde Wen samel na die afloop van die konsert komberse in vir minderbevoorregtes. Greeff verduidelik: “Ons help graag ander; bring jou kombers en los dit na die konsert agter. Liefde Wen sal seker maak dit kry die regte huis.”

Die konsert in Johannesburg het vanjaar om en by 800 komberse ingesamel.

Kom deel in ’n heerlike, gesellige musiek-dag by die dam – bring piekniek mandjies. Daar sal ook ’n verskeidenheid kosstalletjies wees.

Kaartjies kos R195 by Computicket en kinders 12 jaar en jonger betaal slegs R75.

Spesiale kaartjie-aanbieding:

VIP kaartjies: R495 – sluit VIP ingang, spesiale sitplekke naby verhoog, gratis drankies en versnapperinge in.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
Die gewilde Liefde by die Dam-konserte is terug!
Nóg ’n kans om kaartjies vir ‘Liefde by die Dam’ op te raap!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Tamlyn Wessels kies liefde bo planne met nuwe enkelsnit

17 April 2026

VanFokKingTasties is terug – en groter as ooit!

14 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.