Die gewilde Krone-konsert het verlede jaar sy buiging by Loftus in Pretoria gemaak en vanjaar op 31 Augustus is dit weer sulke tyd!
Benewens die terugkeer van Brendan Peyper, Appel, Bernice West, Kurt Darren, Liezel Pieters, Snotkop, Leah, Barto, Jan Jan Jan, Juanita du Plessis, Elandré en Ricus Nel, kan konsertgangers ook uitsien na nuwe gesigte.
Irene-Louise van Wyk, Droomsindroom en Early B gaan vir die eerste keer ook op die verhoog te sien wees.
“Natuurlik het ons ook ’n hele paar verrassings wat nader aan die konsert bekend gemaak sal word. Mense moet ons sosiale media dop hou,” het Hendrik Spangenberg, bemarking spesialis by Select Musiek gesê.
Die konsep van Krone is uniek. Dis ’n 360 grade konsert met lirieke op grootskerms sodat die gehoor as’t ware kan karaoke saam met hul gunsteling sterre.
In 2023 het Krone meer as 35 000 konsertgangers van reg oor die land gelok en beloof om dieselfde te doen hierdie jaar.
Krone by Loftus 2024 word moontlik gemaak deur Select Musiek (’n Afdeling van Sony Musiek) in samewerking met kykNET en Lift.
- Kaartjies vir Krone by Loftus 2024 is nou te koop op iTickets.
- Kyk hier na Krone by Loftus 2023 of luister die konsertalbum op stroomdienste.