Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Optog!

Optog! bring die kunste na jóú

Redaksiespan21 September 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Optog! is die grootste enkele konserttoer deur plaaslike sanger, akteurs en musikante en vind tussen Februarie en Desember 2019 plaas op verskeie dorpe oor die hele Suid-Afrika.

Nataniël is een van die kunstenaars van die ‘fees op wiele’. Hy het ingestem om deel van hierdie inisiatief te wees omdat hy nie van feeste of feeskultuur hou nie.

“Ek wil die eertydse glorie van goeie teaters en werkende teaters herstel. Ek het grootgeword op ’n klein dorpie, maar in ’n tyd toe toneelstukke en musiekkonserte deur rondreisende geselskappe aangebied is,” het hy gesê.

Altesaam 20 produksies wat musiek tot teaterproduksies insluit, sal aangebied word in bestaande teaters, skoolsale en by ’n paar uitgesoekte verrassingsvenues in 42 dorpe en stede oor Suid-Afrika en Namibië.

Optog! spog met ’n uiteenlopende produksie-aanbod wat iets vir elke smaak bied:

Jo Black
Hy sal gedurende Mei, Junie en Augustus 27 konserte aanbied. Afgesien van die meeste van die groter sentra, kan jy gerus uitkyk vir hom in die Strand, Durbanville, Worcester, Beaufort-Wes, Keetmanshoop, Otjiwarongo, Gobabis en Hoedspruit.

Stef Bos
Hy sal gedurende Julie en Augustus vermaak bied in onder meer Colesberg, Parys, Tzaneen, Hoedspruit, Malmesbury en Oudtshoorn.

Karen Zoid
Sy sal ook deel wees van Optog! maar geen verdere inligting, behalwe dat sy deel is van ’n baie spesiale projek, word verklap nie.

Nataniël
As gesig en ambassadeur van die projek, het hy van Februarie tot vroeg in April 13 optredes en maak ’n draai in Rustenburg, Polokwane, Kroonstad, Oudtshoorn, Hermanus, Malmesbury, Welkom, Durban, Upington, Oos-Londen, Port-Elizabeth, Bloemfontein en Kimberley. Hy sluit dan ook die jaar af met ’n Kersproduksie by die Atterbury Teater vroeg in Desember.

Laurika Rauch
Laurika toer gedurende Maart, Julie, September en Oktober 2019 as deel van Optog!. Daar is tans 21 optredes geskeduleer in onder meer Stellebosch, Pretoria, Rustenburg, Polokwane,Welkom, Sasolburg, Kroonstad, Bloemfontein, Kimberley, Durbanville, Port Elizabeth, Oos-Londen, Potchefstroom, Durban, Windhoek en Swakopmund.

Connie de Villiers & Deon Meyer
Musiek en woordkuns deur twee meesters in hul uitmuntende aanbieding, Karoo Suite. Nege vertonings is deur die hele jaar vesprei en Stellenbosch, Sasolburg,Windhoek, Roodepoort, Nelspruit, Potchefstroom, Port Elizabeth en Oos-London is op hul roete.

Drie van die Bestes (Mathys Roets, Danie Niehaus & Kevin Leo)
Elkeen van hierdie manne is lank reeds bekend vir hul uitmuntende en uiteenlopende sangtalente. Die trio sal 20 konserte aanbied gedurende April, Julie, September en November en ’n uitgebreide toer duer Namibië vorm deel van hulle skedule.

Optog! bied ook oorspronklike produksies aan wat uniek is aan Optog! en self vervaardig word:

my Folk! – met Koos Kombuis, Herman Kleinhans & Johrné van Huyssteen
Vyf vertonings word beplan in Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein, Stellenbosch en Potchefstroom.

Stories – met Elvis Blue
Hy skop die jaar se program af met ‘’n vertoning op 14 Februarie in Durbanville, waarna hy nege ander konserte aanbied gedurende Mei en Augustus. Polokwane, Rustenburg, Kimberley, Upington, Bloemfontein en Windhoek is onder meer op die skedule.

Kombi-Nasie – met Pietman Geldenhuys & Wicus van der Merwe
Hierdie twee beloof uithaler-vermaak en gaan toer dat dit klap in Maart, April en Mei. Daar is 18 vertonings waaronder ‘’n wye draai in Namibië. Bestemmings sluit Walvisbaai, Otjiwarongo, Windhoek en Mariental in.

Op Pad – met Vicky Sampson & Corlea Botha
Hierdie baie spesiale produksie word onder die bekwame leiding van Matthys Maree vervaardig en vyf vertonings word by vyf baie spesiale venues aangbied.

Romanz
Hierdie uiters gewilde sanggroep word volgende jaar herenig vir vyf vertonings tussen Februarie en April.

Jak de Priester, Refentse en Joshua na die Reën is ook intussen by die program gevoeg en sal elk minstens vyf konserte aanbied.

 

Die volledige program, konsertdatums en venues sal in die komende weke beskikbaar wees by www.optog.co.za. Kaartjies is vanaf 1 November 2018 te koop op www.itickets.co.za, asook by die venues se bestaande kaartjiekantore.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Optog!: Tog te musikaal
Optog!: Tog te legendaries

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.