Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Optog! bring die kunste na jóú

Redaksiespan Optog!
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

FOTO: Verskaf

Optog! is die grootste enkele konserttoer deur plaaslike sanger, akteurs en musikante en vind tussen Februarie en Desember 2019 plaas op verskeie dorpe oor die hele Suid-Afrika.

Nataniël is een van die kunstenaars van die ‘fees op wiele’. Hy het ingestem om deel van hierdie inisiatief te wees omdat hy nie van feeste of feeskultuur hou nie.

“Ek wil die eertydse glorie van goeie teaters en werkende teaters herstel. Ek het grootgeword op ’n klein dorpie, maar in ’n tyd toe toneelstukke en musiekkonserte deur rondreisende geselskappe aangebied is,” het hy gesê.

Altesaam 20 produksies wat musiek tot teaterproduksies insluit, sal aangebied word in bestaande teaters, skoolsale en by ’n paar uitgesoekte verrassingsvenues in 42 dorpe en stede oor Suid-Afrika en Namibië.

Optog! spog met ’n uiteenlopende produksie-aanbod wat iets vir elke smaak bied:

Jo Black
Hy sal gedurende Mei, Junie en Augustus 27 konserte aanbied. Afgesien van die meeste van die groter sentra, kan jy gerus uitkyk vir hom in die Strand, Durbanville, Worcester, Beaufort-Wes, Keetmanshoop, Otjiwarongo, Gobabis en Hoedspruit.

Stef Bos
Hy sal gedurende Julie en Augustus vermaak bied in onder meer Colesberg, Parys, Tzaneen, Hoedspruit, Malmesbury en Oudtshoorn.

Karen Zoid
Sy sal ook deel wees van Optog! maar geen verdere inligting, behalwe dat sy deel is van ’n baie spesiale projek, word verklap nie.

Nataniël
As gesig en ambassadeur van die projek, het hy van Februarie tot vroeg in April 13 optredes en maak ’n draai in Rustenburg, Polokwane, Kroonstad, Oudtshoorn, Hermanus, Malmesbury, Welkom, Durban, Upington, Oos-Londen, Port-Elizabeth, Bloemfontein en Kimberley. Hy sluit dan ook die jaar af met ’n Kersproduksie by die Atterbury Teater vroeg in Desember.

Laurika Rauch
Laurika toer gedurende Maart, Julie, September en Oktober 2019 as deel van Optog!. Daar is tans 21 optredes geskeduleer in onder meer Stellebosch, Pretoria, Rustenburg, Polokwane,Welkom, Sasolburg, Kroonstad, Bloemfontein, Kimberley, Durbanville, Port Elizabeth, Oos-Londen, Potchefstroom, Durban, Windhoek en Swakopmund.

Connie de Villiers & Deon Meyer
Musiek en woordkuns deur twee meesters in hul uitmuntende aanbieding, Karoo Suite. Nege vertonings is deur die hele jaar vesprei en Stellenbosch, Sasolburg,Windhoek, Roodepoort, Nelspruit, Potchefstroom, Port Elizabeth en Oos-London is op hul roete.

Drie van die Bestes (Mathys Roets, Danie Niehaus & Kevin Leo)
Elkeen van hierdie manne is lank reeds bekend vir hul uitmuntende en uiteenlopende sangtalente. Die trio sal 20 konserte aanbied gedurende April, Julie, September en November en ’n uitgebreide toer duer Namibië vorm deel van hulle skedule.

Optog! bied ook oorspronklike produksies aan wat uniek is aan Optog! en self vervaardig word:

my Folk! – met Koos Kombuis, Herman Kleinhans & Johrné van Huyssteen
Vyf vertonings word beplan in Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein, Stellenbosch en Potchefstroom.

Stories – met Elvis Blue
Hy skop die jaar se program af met ‘’n vertoning op 14 Februarie in Durbanville, waarna hy nege ander konserte aanbied gedurende Mei en Augustus. Polokwane, Rustenburg, Kimberley, Upington, Bloemfontein en Windhoek is onder meer op die skedule.

Kombi-Nasie – met Pietman Geldenhuys & Wicus van der Merwe
Hierdie twee beloof uithaler-vermaak en gaan toer dat dit klap in Maart, April en Mei. Daar is 18 vertonings waaronder ‘’n wye draai in Namibië. Bestemmings sluit Walvisbaai, Otjiwarongo, Windhoek en Mariental in.

Op Pad – met Vicky Sampson & Corlea Botha
Hierdie baie spesiale produksie word onder die bekwame leiding van Matthys Maree vervaardig en vyf vertonings word by vyf baie spesiale venues aangbied.

Romanz
Hierdie uiters gewilde sanggroep word volgende jaar herenig vir vyf vertonings tussen Februarie en April.

Jak de Priester, Refentse en Joshua na die Reën is ook intussen by die program gevoeg en sal elk minstens vyf konserte aanbied.

 

Die volledige program, konsertdatums en venues sal in die komende weke beskikbaar wees by www.optog.co.za. Kaartjies is vanaf 1 November 2018 te koop op www.itickets.co.za, asook by die venues se bestaande kaartjiekantore.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

Optog!: Tog te musikaal

Optog!: Tog te legendaries

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.