Vir die heel eerste keer ooit gaan die gesogte Afrikaans is Groot-konsert see toe en ondersteuners kan solank regmaak om deur die grootste kunstenaars, met hul grootste treffers, vermaak te word.
Feeste
Afrikaans is jóúne én dis myne, en dis groter as groot met Afrikaans is Groot wat vir ’n agste keer aangebied word.
“Top klas Afrikaanse musiek, heerlike feeskos en ’n veilige kindertuin waar die kinders die dag kan spandeer terwyl die ouers lekker kuier,” só sê die organiseerders van die jaarlikse Afrisaam Fees wat vir ’n vyfde keer aangebied word.
Die 20ste US Woordfees wat vanaf 1 tot 10 Maart op Stellebosch plaasvind se musiekprogram bied weer iets vir elke oor.
Pure Coenie is die konsert van Coenie de Villiers se grensverskuiwende nuwe album, Pure Coenie.
Indien jy nog nie een van die Piekniek & Musiek-konserte by Zevenwacht in Kuilsrivier bygewoon het nie, weet jy nie wat jy mis nie.
King Price Insurance en Matchbox Live het weer kragte gesnoer vir die derde aflewering van Lekkerland Carnival wat op 23 Maart 2019 op Dullstroom plaasvind.
Rekordverkope vir die Kaapse Afrikaans is Groot-konserte was reeds op die eerste dag wat dit by Computicket geopen het aangeteken en dít was ’n goeie voorspelling van wat verder verwag kon word.
Die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees), wat vanjaar vir die 25ste keer op Oudtshoorn aangebied word, se musiekprogram bevat 17 debuutproduksies.
Vir die VKB Bieliemieliefees wat in 2019 vir die 38ste keer aangebied word, is alles ingesit om dit selfs beter én lekkerder as enige ander fees te maak!