Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Jakaranda Kinderhuis Liggiefees

Dis weer tyd vir die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees

Redaksiespan19 Oktober 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Desember is ’n maand van vrygewigheid, samesyn en bederf. Families kom saam en almal ontspan na die rowwe jaar wat verby is. Vir kinderhuiskinders, wat na ’n liefdevolle normale gesin van hulle eie verlang, bly die lewe egter altyd ’n uitdaging…

Jy en jou geliefdes kan hierdie feesseisoen help om vir die 210 inwoners van Jakaranda Kinderhuis in Pretoria ’n beter 2019 te verseker én nog boonop pret hê ook, veral as Jan Tuisbly se karretjie julle voorland is en jy ’n aksieplan nodig het om jou kroos te vermaak.

Vanaf 1 tot 31 Desember 2018 kan Gautengse gesinne, vir die negende agtereenvolgende jaar, ’n toweragtige skouspel van die mooiste Kersfeesliggies en Suid-Afrikaanse musiek kom ervaar, ten bate van dié geliefde Kinderhuis wat baie afhanklik is van borgskappe en fondsinsamelingsprojekte, soos die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, vir sy voortbestaan.

“2018 se doelwit is om weer eens ’n onvergeetlike feesseisoen-uitstappie vir publiek aan te bied. Ons het hulle ondersteuning nodig om te verseker dat ons vir ons kinders kan omgee, versorg en ontwikkel omdat hulle beter verdien,” sê Gary van Veenhuyzen van Jakaranda Kinderhuis se bemarkings- en fondsinsamelingspan. “Dié projek voorsien nie net aan die nodige fondse nie, maar stel die Kinderhuis bloot aan mense wat nie noodwendig van ons geweet het nie.”

Feesgangers by die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees kan daarna uitsien om op uitgesoekte aande vermaak te word deur musikante soos Dewald Wasserfall, EON, Saarkie, Joshua na die Reën, Tussen Sterre, Heuning, 2nd Life, Ampie, Martin Bester en vele meer.

“Die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees is na aan ons Saarkies se harte, omdat dit ’n glimlag op kinders se gesigte sit en die Kinderhuis ondersteun. Kinders is die land se toekoms en ons moet mooi na hulle kyk,” meen meisiesrockgroep, Saarkie, vir wie dié inisiatief baie na aan die hart lê.

“Elke kindergesiggie is ’n liggie in God se skepping en is kosbaar vir Hom. Daarom lê elke kind, ongeag van sy omstandighede, my hart se kamers vol… As God dan tiekiedraai oor Sy kinders, is dit genoeg rede vir my om vir hulle te sing! In die seisoen van gee, vra ek dat elkeen sy hart sal oopmaak en saam met ons kom tiekiedraai en sing by vanjaar se Jakaranda Kinderhuis Liggiefees,” voeg Sharoney by, wat twee dae by die fees te sien sal wees.

Buiten vir die musiek, sal daar ook elke aand die geleentheid wees om miljoene Kersfeesliggies te bewonder en ook om verskeie kos- en kersmarkstalletjies te ondersteun. Kinders kan ook gereed maak vir opwindende trein-ritte, en ’n draai of twee op die mallemeule of perdjies.

Die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, wat met trots ondersteun word deur Pretoria FM, Coastal Hire, dW Audio & Backline, Ehlers Prokureurs, Status Hiring, ESD Waste Management, Unlimited Events Group en LaserX, kan daagliks vanaf 18:00 tot 22:00 besoek word en op konsertdae sal hekke reeds om 17:00 open. Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees teen R30 per persoon.

Oudergewoonte, sal die fees plaasvind op die Kinderhuisgronde; Talitha Kumistraat 1, East Lynne, Pretoria; en kan die publiek vertonings deur die volgende kunstenaars op die datums hieronder bywoon:

1 Desember: Eunice Kemp, 2nd Life, Layla Skye, Heuning, Joe Foster, Xander Joubert

2 Desember: Monique Steyn, Anton Botha, Sharoney, Saarkie, Gevoel van Veiligheid, Michelle Marx

7 Desember: Con Grazia, Alida, Jennifer Zamudio, Martin Bester, Irene-Louise van Wyk, Devon Jay Scott

8 Desember: Erin Beck, Zanzi Africa, Geraldine Scholtz, Layla Skye, Zita, Hanco

9 Desember: Joshua na die Reën, EON, 2nd Life, Ampie, Kirsten Schlebush, Kosie Beukes

12 Desember: Jakkie Louw, Marulaboom, Heidi, CH2, Bianca Goosen, Hanna Boss

14 Desember: Eunice Kemp, Henry van Dyk, Elme Churr, Riaan Grobler, Ricky Faber, Die Ventertjies plus ’n Laser X-vertoning!

15 Desember: Lieflinge, Harlind, Sharoney, Klikkerland, Irene-Louise van Wyk, RNK plus ’n Laser X-vertoning!

21 Desember: Mariska, Talana, Stephan Visagie, Dewald Wasserfall, Eunice Kemp, Rudi Claase

24 Desember: Karlien Husselman, Venetia Rose, Biance Goosen, Tussen Sterre, Eunice Kemp

“Dit is so belangrik om terug te gee as jy in ’n bevoorregte posisie is. As ’n mens geseënd is in die lewe, is dit jou verantwoordelikheid om ander mense te help,” sê sanger en liedjieskrywer, Dewald Wasserfall. “Mense kan uitsien na uistekende vermaak en dit is vir ’n goeie doel.”   

Maak hierdie feestyd jou hart oop en kom ondersteun dié ongelooflike projek saam met jou familie en vriende. Die kinders en personeel by Jakaranda Kinderhuis sien uit daarna om julle te ontvang en saam met jou te deel in die betowering van die feesgety.

RAAK BETROKKE:

Indien jy of jou besigheid ’n amptelike borg wil word of ’n skenking wil maak vir die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, kontak gerus vir Gary van Veenhuyzen direk by marketing@jacarandachildren.co.za of 073 844 9994 vir meer inligting. Jou bydrae sal baie waardeer word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Wees die ‘nuwe begin’ op Jakaranda Kinderhuis Liggiefees
Luister na Joe Foster se ‘hartklank’ op Liggiefees
Hanco bring sy ‘wêreld’ na die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees
Sharoney wil ‘skyn’ op Jakaranda Kinderhuis Liggiefees

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.