Vir die eerste keer in die geskiedenis van die gewilde massakonsert, Afrikaans is Groot, word ’n elfde konsert bygevoeg ná ’n ongekende aanvraag na kaartjies vir die 2026-reeks.
Afrikaans is Groot
Afrikaans is Groot keer in 2025 terug na die SunBet Arena, ter viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar, met ’n indrukwekkende kunstenaarslys, verrassings en ’n produksie wat die grootste in die geskiedenis sal wees.
In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek om jou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer die grootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in Pretoria plaasvind.
Na die reuse sukses wat die GroolJol fees in Pretoria (Mei) en Hartenbos (Desember) geniet het, is dit goed gedink om hierdie fees na die mense toe te neem sodat hulle ook hierdie lekker energieke konsert kan beleef.
Vanaf 23 tot 31 Desember 2022 gaan Afrikaans is Groot fees kom hou by die ATKV Hartenbos Amfiteater vir die heel eerste GrootFees.
Ná twee jaar se stilte weens die Covid-19 pandemie is die gewilde Afrikaanse konsert, Afrikaans is Groot, weer terug op die planke.
Weens die deurlopende beperkings op sosiale geleenthede en byeenkomstes tydens die onderskeie vlakke van die nasionale COVID-19-inperking, sal kaartjieverkope vir vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte tot verdere kennisgewing uitgestel word.
Die Afrikaans is Groot Somerfees skop oor nét ’n paar dae af en die oragniseerders kan nie wag om almal by dié heel eerste Mosselbaai-feestelikheid te verwelkom nie.
Terwyl feesgangers bederf word met vermaak en van die land se grootste kunstenaars tydens die Afrikaans is Groot Somerfees, gaan hulle ook die geleentheid kry om hul harte oop te maak en by te dra tot die toekoms van plaaslike leerlinge in die omgewing.
Vir die heel eerste keer ooit gaan die gesogte Afrikaans is Groot-konsert see toe en ondersteuners kan solank regmaak om deur die grootste kunstenaars, met hul grootste treffers, vermaak te word.