FOTO: Twitter
Die nuweling Hanco kuier dié jaar saam op die jaarlikse Jakaranda Kinderhuis Liggiefees, wat vanaf 1 tot 31 Desember op die gronde van die Jakaranda Kinderhuis in Pretoria, plaasvind. Hy deel sy Kersherinneringe en boodskap van hoop met ons:
LEES OOK: Dis weer tyd vir die Jakaranda Kinderhuis Liggiefees
Wat laat jou aan Kersfees dink?
Jesus se geboorte… en geskenke, baie geskenke!
Waarom het jy betrokke geraak by vanjaar se Jakaranda Kinderhuis Liggiefees?
Ek glo die fees is vir ’n goeie doel! En dis vir my ’n groot voorreg om te kan sê dat ek by die jaar se Jakaranda Kinderhuis Liggiefees gaan optree.
Watter boodskap van hoop wil jy graag met die kinders in die huis deel?
Hou altyd hoop! Solank as wat jy hoop hou sal enige iets, self jou grootste drome waar word.
Waarna kan mense uitsien wanneer hul jou by die fees sien optree?
’n Baie lekker tyd… en natuurlik van my nuwe liedjies wat onlangs vrygestel is.
Waarom moet mense ’n kaartjie koop?
Ek sal almal aanraai om ’n kaartjie te koop en deel te wees van die ongelooflike fees. Dit is vir ’n baie goeie doel en jy sal dit nie wil misloop nie! Ek sien uit om julle te ontmoet.
Die fees kan daagliks vanaf 18:00 tot 22:00 besoek word en op konsertdae sal hekke reeds om 17:00 open. Kaartjies sal by die hek beskikbaar wees teen R30 per persoon.
