Charmaine het vir die derde jaar by Krone 2025 gesorg dat die gees van Afrikaanse musiek skitter. Met sterre, gehore en emosie vasgevang, het sy hierdie onvergeetlike aand lewendig gemaak.
Krone
Die immergewilde Krone-konsert maak vanjaar weer sy opwagting op Loftus Versfeld in Pretoria en beloof om groter en beter te wees as ooit tevore. Op 30 Augustus 2025 sal van Suid-Afrika se gunsteling musieksterre die verhoog aandurf vir ’n onvergeetlike aand van musiek, samehorigheid, en natuurlik, saamsing.
Hierdie unieke konsertformaat, wat as ’n 360-grade-ervaring aangebied word, laat die gehoor deel voel van die aksie. Met lirieke wat op grootskerms vertoon word, kan almal in die stadion saam karaoke met hul gunsteling kunstenaars – ’n konsep wat Krone reeds oor die jare so gewild gemaak het.
Die kunstenaars vir 2025 is sopas aangekondig, en dit is vol van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf. Bekende Krone-kunstenaars soos Kurt Darren, Juanita du Plessis, Snotkop, en Liezel Pieters sal weer hul stemme laat hoor.
Hulle word aangevul deur talentvolle sterre soos Barto, Leah, Bernice West, Irene-Louise van Wyk, Refentse, Brendan Peyper, en Eloff, wat almal reeds voorheen op die Krone-verhoog gesorg het vir skittervertonings.
Vanjaar bring ook vars talent na die verhoog: Danny Smoke, Tamlyn Wessels, Die Piesangskille, Zaan Sonnekus, en die duo ONS sal vir die heel eerste keer deel wees van die Krone-ervaring. Hierdie kombinasie van gevestigde kunstenaars en nuwe sterre waarborg ’n veelsydige program wat elke aanhanger sal bekoor.
Krone by Loftus 2025 word met trots aangebied deur Select Musiek, ’n afdeling van Sony Musiek, in samewerking met kykNET en Lift. Dit is ’n samewerking wat keer op keer die standaard vir konserte verhoog en ’n professionele, kwaliteit ervaring verseker.
Kaartjies vir hierdie musiekaand van formaat is vanaf 28 Januarie 2025 om 10:00 eksklusief op iTickets beskikbaar. Indien jy op die Krone Fans-WhatsApp kanaal is sal jy reeds op 27 Januarie 2025 om 10:00 kaartjies kan koop.
Vir diegene wat nie kan wag om die opgewondenheid te beleef nie, is die Krone by Loftus 2024-konsert reeds aanlyn beskikbaar om te kyk. Die konsertalbum kan ook op alle groot stroomdienste geluister word.
Maak gereed om jou stem warm te sing en deel te wees van een van die grootste musiekgeleenthede van die jaar. Loftus gaan skud, en jy wil beslis deel wees van die aksie!
Die Krone-konsert by Loftus keer terug op 31 Augustus met bekendes soos Kurt Darren en nuwe kunstenaars. Kaartjies beskikbaar op iTickets, met ’n unieke 360 grade karaoke-ervaring.
Dis reg ja… Krone gaan op 19 Augustus 2023 sy merk by Loftus Versveld in Pretoria maak en die konsert beloof om selfs groter en beter as ooit te vore te wees.
Die teleurstelling was groot toe Krone 7 in Augustus 2020 noodgedwonge uitgestel moes word as gevolg van die wêreldwye pandemie.
Weens die voortslepende gesondheidskrisis en die verbod op konserte, het die die organiseerders van die Krone-konsert, wat in Augustus vanjaar sou plaasvind, genoop om die gewilde moewiese saamsinjol uit te stel.
Dis jaar ná jaar een van die hoogtepunte op die vermaaklikheidskalender en die jaar is geen uitsondering. Krone is terug met al sy treffers en nóg meer kunstenaars.
Die gewilde saamsing jol is terug en vir ’n sewende keer kan konsertgangers weer van die grootste treffers van die jaar saam hul gunsteling musieksterre uit volle bors sing.
Jou gunsteling saamsing jol, Krone 6 gaan nóg groter wees in Augustus 2019, waar jou gunsteling musieksterre een verhoog deel en jy die kans kry om uit volle bors saam te sing.
Brendan Peyper en Snotkop, wat beide op 28 en 29 Julie in Pretoria en 4 Augustus in Kaapstad tydens die gewilde Krone 5 konsert te sien is, deel hul gunsteling musiek in ’n Apple Music-speellys.