Resensies

Rinél Coetzer, beter bekend as Rinél Day, se derde ateljee-album, Ek Het Opgestaan, wat uit ’n interessante mengelmoes van country- en popmusiek bestaan, beloof om luisteraars met ’n hernude lewenslus en hoop vir die toekoms te vul.

Leah se tweede album, Kyk Na My, wat met ’n meer volwasse klank spog, beloof om ’n eerlike perspektief op haar menswees en lewensuitkyk te bied sonder om haar prettige sy heeltemal prys te gee.

Abel Knobel se lang verwagte debuut solo-album, Refleksies, wat as ’n oop venster na die binnekamers van sy hart beskou kan word, beloof om aan sy luisteraars ’n introspektiewe blik op sy kronkelende lewensreise en -paaie tot dusver te bied.

Bernice West se langverwagte debuutalbum, Net Geleen, wat by sy bekendstelling onlangs met ope arms deur die publiek ontvang is, beloof om die voorloper van ’n splinternuwe era in die voortdurende evolusie van Afrikaanse popmusiek te wees.

100
Resensies

Kaleidoskoop se nuutste album, Gunsteling Seisoen, wat met ’n Ghoema-toekenning vir Beste Album deur ’n Groep of Duo bekroon is, dien as getuigskrif van hierdie talentvolle akoestiese musiekgroep se voorliefde vir interessante instrumente, speelse ritmes, magiese melodieë en weldeurdagte lirieke.

100
Resensies

André Schwartz se 15de solo-album, Die Pad, waarop moderne klanke met elemente van sy vorige werk gekombineer word, bied ’n vreugdevolle en nostalgiese reis deur hierdie geliefde superster se lewe en loopbaan.

One Voice se selfgetitelde debuutalbum wat onlangs uitgereik is, beloof om die plaaslike musiekmark te oorrompel met hulle unieke klank waardeur verskeie genres soos pop-, rock- en klassieke musiek tot ’n merkwaardige eindproduk saamgesnoer is.