Resensies

100

Kaleidoskoop se nuutste album, Gunsteling Seisoen, wat met ’n Ghoema-toekenning vir Beste Album deur ’n Groep of Duo bekroon is, dien as getuigskrif van hierdie talentvolle akoestiese musiekgroep se voorliefde vir interessante instrumente, speelse ritmes, magiese melodieë en weldeurdagte lirieke.

95

Ruhan du Toit se solo-album, Monumentaal, beloof om ’n introspektiewe blik op die herkoms van Afrikaans te plaas.

95

Lizandra Winter se selfgetitelde debuutalbum wat deurlopend van musikale integriteit getuig, beloof om luisteraars opnuut te laat besef dat ewigheidswaarde lê in dit wat geld nie kan koop nie.

100

André Schwartz se 15de solo-album, Die Pad, waarop moderne klanke met elemente van sy vorige werk gekombineer word, bied ’n vreugdevolle en nostalgiese reis deur hierdie geliefde superster se lewe en loopbaan.

One Voice se selfgetitelde debuutalbum wat onlangs uitgereik is, beloof om die plaaslike musiekmark te oorrompel met hulle unieke klank waardeur verskeie genres soos pop-, rock- en klassieke musiek tot ’n merkwaardige eindproduk saamgesnoer is.

Corné Louw se lang verwagte solo-debuutalbum, Date-night, spog met ’n skatkis propvol inspirerende en betekenisvolle stories vanuit sy persoonlike lewe wat beslis ’n blywende indruk op luisteraars sal laat.

Valeska Muller se langverwagte debuutalbum, My Simfonie, wat ná haar eerste 20 jaar in die musiekbedryf uiteindelik bekend gestel is, beloof om met sy unieke en progressiewe styl Afrikaanse musiekgrense te verskuif.

Loki Rothman se debuutalbum, Op My Pad, wat onlangs uitgereik is, beloof om verhoudings en gepaardgaande gevoelens onder die soeklig te plaas.

Sunel van der Linde se onafhanklike debuutalbum, Symptome wat sy onlangs uitgereik het, beloof om die simptome van liefde, seerkry, geluk, verliefwees en die lewe self te ondersoek. Hierdie talentvolle blondekop musikant se album, wat uit ’n mengelmoes van musiekgenres bestaan, is deur alledaagse gebeure geïnspireer.

Deon Groot se selfgetitelde tweede album bied ’n splinternuwe klank, styl en karakter, wat stories op ’n eietydse, Namakwalandse manier vertel.