’n Kenmerk van hierdie jaar se KKNK-feesprogram, is verskeie optredes deur kunstenaars van Oudtshoorn en elders uit die Eden Distrik.
Feeste
Die skouspelagtige Classics is Junie terug in Pretoria en musiek word gevier – alles van Bon Jovi tot Andrew Lloyd Webber, van Cyndi Lauper tot Evanescence.
Feesgangers by vanjaar se KKNK kan uitsien na die debuut van 11 musiekproduksies, met uiteenlopende musiekstyle, deur ou bekendes en nuwe kunstenaars.
Die immergewilde Afrikaans is Groot-musiekproduksie wat in Maart by die Grand West Casino se Grand Arena plaasvind, is só gesog dat selfs van die kunstenaars in dié produksie besluit het om hul eie spesiale gaste te nooi deur middel van sosiale media.
Die gewilde Madeliefie Makietie-fees, wat verlede jaar vir die eerste keer op Strandfontein aangebied is, keer vanjaar terug na die Juweeldorpie. Vanjaar se fees vind plaas op 26 en 27 Oktober en sluit van ons land se top kunstenaars in.
Suid-Afrika se gunsteling saamsing jol – waar jy jou gunsteling musieksterre in konsert kan geniet en uit volle bors kan saamsing – is vanjaar vir die eerste keer in Pretoria en weer in Kaapstad te sien!
Vanjaar se US Woordfees vind van 2 tot 11 Maart op Stellenbosch plaas en jy kan 100% seker wees van top musiekkonserte. Hier’s vyf hoogtepunte waarna jy kan uitsien.
Die lang wag is uiteindelik verby! Die organiseerders van Afrikaans is Groot voeg die daad by die woord, en soos beloof kan jy nóú jou kaartjies vir Afrikaans is Groot 2018 hernu sonder die lang rye en onnodige gewag.
Ná ’n massiewe en oorweldigende aanvraag, en die reuse sukses van die eerste twee Piekniek & Musiek konserte (met onder andere Elvis Blue en Theuns Jordaan), asook die derde produksie wat reeds uitverkoop is (met Die Heuwels Fantasties, Refentse & Jo Black wat op Sondag, 4 Maart plaasvind), het die organiseerders hierdie week ’n groot verrassing aangekondig.
Die Suidoosterfees, met die tema Fantastiese 15 spog met van Suid-Afrika se mees talentvolle en gewilde kunstenaars.