Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Piekniek & Musiek

Grootste Piekniek & Musiek-konsert sluit seisoen op hoë noot af

Redaksiespan6 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Ná ’n massiewe en oorweldigende aanvraag, en die reuse sukses van die eerste twee Piekniek & Musiek konserte (met onder andere Elvis Blue en Theuns Jordaan), asook die derde produksie wat reeds uitverkoop is (met Die Heuwels Fantasties, Refentse & Jo Black wat op Sondag, 4 Maart plaasvind), het die organiseerders hierdie week ’n groot verrassing aangekondig.

Daar sal inderdaad ’n vierde en laaste Piekniek & Musiek plaasvind voor die seisoen verby is – hierdie keer met niemand anders as Dewald Wasserfall, Touch of Class en Monique Steyn nie – almal wat een verhoog sal deel op Paassondag (1 April 2018).

“Met die gewildheid van Afrikaanse musiek en die passievolle manier hoe Suid-Afrikaners hierdie kunstenaars ondersteun, het ons geweet dat die konserte goed ondersteun sal word – of so het ons gehoop. Wel, die manier hoe die plaaslike gemeenskap ons verwagtinge ver oortref het, sommer baie ver, het ons sprakeloos gelaat. So na bietjie kopkrap, onderhandelinge en ondersteuning van borge is ons verheug om inderdaad ’n vierde konsert te kan aanbied,” sê Ian Bredenkamp, stigter en organiseerder van Piekniek en & Musiek.

Bredenkamp voeg by: “En dan is dit boonop Paasnaweek. Wat kan nou meer spesiaal wees as om gehalte familietyd saam deur te bring, terwyl jonk en oud vermaak word deur kunstenaars wie se vrystellings almal in die top tien verlede jaar was. As ’n verdere bonus kan die jongspan maar gerus verwag dat daar ’n paar paaseier verrassings op hul gaan wag.”

Piekniek & Musiek met Dewald Wasserfall, Touch of Class en Monique Steyn sal weer eens by die gewilde Zevenwacht Wynlandgoed in Kuilsrivier plaasvind. Dié lieflike piekniek-area sal reeds vanaf 12nm beskikbaar wees wanneer die hekke open, en liplekker piekniek-pakkies kan ook vooraf bestel word. Verder sal daar ook eie verskeie kostrokke, stalletjies met lekkernye en drankies om van te kies en te keur beskikbaar wees. Die gewilde kunstenaars sal teen 5nm op die verhoog verskyn.

Kaartjies is nóú beskikbaar teen slegs R170 vir volwassenes, R75 vir kinders tussen 3 en 12 jaar oud, en die aanhangers jonger as 3 kan hul sitplek gratis inneem. Kaartjies is by Pick ’n Pay of deur Webtickets beskikbaar.

Die geleentheid word met trots aangebied deur kykNET en Ian Bredenkamp Media.

Gesels ook gerus verder saam op sosiale media (PiekniekenMusiek). Kontak vir Ian Bredenkamp by ian@ianbredenkampmedia.com indien jy enige verdere vrae het.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Snotkop, Theuns en Tarryn sluit Piekniek & Musiek-seisoen af!
Bobby en Robbie op volgende Piekniek & Musiek
Eerste Piekniek & Musiek-konsert byna uitverkoop
Piekniek & Musiek verskaf die klankbaan vir jóú Sondaemiddae

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.