Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»US Woordfees»Vyf musiek hoogtepunte op US Woordfees
US Woordfees

Vyf musiek hoogtepunte op US Woordfees

Redaksiespan28 Februarie 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Vanjaar se US Woordfees vind van 2 tot 11 Maart op Stellenbosch plaas en jy kan 100% seker wees van top musiekkonserte. Hier’s vyf hoogtepunte waarna jy kan uitsien:

DROOM, MARTHA, DROOM
Met: Koos van der Merwe
Teks: Koos van der Merwe
Toonsettings: Koos van der Merwe en Matthys Maree
Tegniese versorging: Yolandi van der Wath

Martha wag vergeefs dat haar minnaar sy beloftes nakom. ’n Troebadoer wens Katrien was nie so ’n flerrie nie. Elders sing ’n man van ’n somerrok van fyn katoen, want aan háár lyf doen dit dinge aan hom! Koos van der Merwe se eiesoortige lirieke met Matthys Maree se toonsettings daarvan vier die liefde in talle gedaantes. Klik hier vir meer.

ELVIS BLUE: SAAM

Met: Elvis Blue, Ray Green (kitaar), Jasper Janse van Rensburg (baskitaar) en Thinus Odendaal (perkussie)
Verhoog- en produksiebestuur: Kona Brown
Klank en beligting: Duane Brown

Elvis Blue wou nie net nog ’n show doen waar hy en die musikante op die verhoog is en die gehoor daar onder sit nie. Hy sing en hulle klap hande. Hy wou die gehoor nader hê en so is die konsep van SAAM gebore. Dit is ’n show, maar dis eintlik ’n ruimte, ’n oomblik, waar hy en almal wat naby is, kan deel in die musiek. SAAM kan gaan na die plekke waarheen musiek ’n mens neem. Dit is ’n reis wat jy wil meemaak. Klik hier vir meer.

TWEE – INTIEM

Met: Herman Kleinhans en Maria Rademan

Dié duo gaan die hartsnare met mening streel met al hul ou gunstelinge asook van die splinternuwe liedjies wat op hul tweede album verskyn. Klik hier vir meer.

LOKI ROTHMAN

Loki Rothman was nie nét Jack Parow se kitaarspeler nie. Nie eens ‘Blou’, sy treffer saam met Laurika Rauch, is die einde van sy talente nie. Op sy eie, is hy ’n formidabele eenmanorkes wat die snare soms soos perkussie-instrumente laat klink en die asem wegslaan. Klik hier vir meer.

FOKOFPOLISIEKAR

Kom geniet ’n buiteligkonsert in die pragtige Stellenbosse natuurskoon en kry iets te ete by die kosstalletjies. Bring net iets om op te sit en ’n trui of baadjie om aan te trek. Geen piekniekmandjies word toegelaat nie. Klik hier vir meer.

Die volledige musiekprogram is hier beskikbaar.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

’n Propvol musiekprogram op 20ste US Woordfees
‘Pure Coenie’ eersdaags ook op US Woordfees

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.