Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Classics»Classics kom weer in Junie
Classics

Classics kom weer in Junie

Redaksiespan15 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die skouspelagtige Classics is Junie terug in Pretoria en musiek word gevier – alles van Bon Jovi tot Andrew Lloyd Webber, van Cyndi Lauper tot Evanescence. Verlede jaar is die gehoor na ’n ander wêreld geneem; vanjaar beloof om gehore sommer na ’n ander hemelruim te neem.

Musiek van Queen, Ed Sheeran, Sir Elton John en ABBA is maar net van die items wat op jou wag. Opgevoer met ’n vol simfonie-orkes en natuurlik Suid-Afrika se beste stemme.

“Classics 2018 gaan ’n heel nuwe betekenis aan die term extravaganza gee. Ons bring hulde aan van die grootste musiek-ikone en doen selfs uitreksels uit die legendariese The Lion King en die trefferfilm The Greatest Showman wat tans op almal se lippe is,” vertel Barry Pretorius, kreatiewe regisseur van Classics.

Nóg goeie nuus is dat die geliefde engelkind Amira en die fantastiese Touch of Class weer die verhoog sal deel met ons geliefde en talentvolle Corlea en Jannie Moolman vir vele hoendervleis-oomblikke wat laat glimlag, die trane laat loop en harte warm maak.

Ook op die verhoog is die Amerikaanse sanger Joseph Clark, bekend vir sy uitmuntende vertolkings van Freddie Mercury (Queen at the Opera), die gewilde Tarryn Lamb (van die sanggroep Blackbyrd), asook die beeldskone Monique Steyn.

Volgens Pretorius is daar vele hoogtepunte wat op gehore wag. “Daar is items in die produksie wat gaan sorg dat gehore se asems behoorlik weg geslaan word. Vanjaar se Classics is ’n produksie op wêreldstandaard en die nuwe Sun Arena met sy fasiliteite dra hiertoe by,” sê hy.

Kyk hier na ’n voorskou:

 
Die konsert lok vir die afgelope twee jaar musiekliefhebbers vanuit alle hoeke van die land en is selfs gewild in die buiteland met meer as 17 miljoen trefslae op YouTube van Amira en Patrizio Buanne se weergawe van O Sole Mio asook briewe vanuit die Verenigde Koningkryk, VSA en Kanada wat die konsert met lof besing.

So lyk die vloerplan:

Classics word op 9 Junie 2018 om 13:00 en 19:30 in die Sun Arena van Time Square in Pretoria aangebied. Kaartjies is nóú beskikbaar by Computicket en Shoprite/Checkers-winkels.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Lexus POP Classics 2024: ’n Aand van musikale magie in Pretoria
Maak jou drome waar met Classics 2018
Agter die Classics-gordyn met Barry Pretorius

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.