Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»KKNK»Plaaslike talent op verskeie KKNK-verhoë te sien
KKNK

Plaaslike talent op verskeie KKNK-verhoë te sien

Redaksiespan23 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

’n Kenmerk van hierdie jaar se KKNK-feesprogram, is verskeie optredes deur kunstenaars van Oudtshoorn en elders uit die Eden Distrik.

Dié Klein Karoo-fees word van Donderdag, 29 Maart tot Woensdag, 4 April vir die 24ste keer op Oudtshoorn aangebied, in die nasionale skoolvakansie en oor Paasnaweek.

Denver Manual, oftewel Danny B, hip-hopkunstenaar van Oudtshoorn, vervaardig Rymklets van Oos tot Wes, wat op die Huisgenoot-verhoog as deel van die aandprogram in die Kuierbuurt aangebied word. Hy was ook verlede jaar die vervaardiger, wat aan hom die Kanna vir beste musiekproduksie én ’n Fiësta-nominasie as beste musiekgedrewe produksie – buitelug besorg het.

Danny B sê hy wou as kind by die fees wees, om sy gunsteling-akteurs en sterre te sien. “Later was ek self nuuskierig en wou ook doen wat die kunstenaars doen, omdat ek ’n liefde vir musiek en dans het,” vertel hy. Hy het sy eerste werksessie in 2010 as opkomende kunstenaar bygewoon en was opgewonde oor die geleentheid om sy vaardighede as kunstenaar te verskerp. “ ’n Werksessie oor bemarking en bestuur van kunstenaars, het my laat besef dat alles in die lewe tyd neem – veral as jy wil seker maak mense ontdek jou talent. En die KKNK is dié fees waar mense jou moet hoor én sien,” sê hy.

“Die geleenthede wat die KKNK aan opkomende kunstenaars bied is van groot waarde. Ek het geweldige waardering vir wat die KKNK vir plaaslike kunstenaars doen,” sluit hy af. Ander kunstenaars van Oudtshoorn wat by Rymklets betrokke is, sluit in Japsnoet, die dansgroep Oudtshoorn Collabo en Lincoln Philander (verhoogbestuurder).

Gail & Malcolm Arendse, sangpaar oorspronklik van Kaapstad, sê hulle sien daarna uit om by die fees op te tree, aangesien Gail se pa in Oudtshoorn gebore en getoë is. “Toe ons kinders was, het ons jaarliks die fees bygewoon en dit is ’n groot voorreg vir my en Malcolm om nou op dié platform op te tree. Mense moet sien hoe ongelooflik ons plaaslike talent is en watter wonderlike platform ons hiér, in ons tuisdorp het,” sê Gail. Gail vertel verder dat sy voel almal moet die KKNK bywoon, aangesien die fees die dorp se inwoners – oud en jonk – bymekaarbring. “En niks doen dít beter, as kuns en musiek nie.” Gail & Malcolm deel op 31 Maart 19:30 die verhoog met o.a. Adam Tas en Refentse in Karoo-nag op die Huisgenoot-verhoog.

Nóg ’n boorling van Oudtshoorn, Percy de Villiers, is in Karoo-nag te sien. Hy sê dit is vir hom ’n voorreg om by die KKNK op te tree. “My musiekloopbaan het ’n paar jaar gelede as gospelsanger by die KKNK begin, waarna daar vele hoogtepunte gevolg het – maar dié optrede op die Huisgenoot-verhoog is beslis die grootste een tot dusvêr. Dit is ’n eer om die verhoog met hierdie uitsonderlike kunstenaars te deel,” sê hy. De Villiers, wat ook op die Castle Lager-verhoog en RSG-verhoog optree, glo sy deelname by vanjaar se fees gaan ook ander jongmense motiveer om hulle drome na te streef.

Hoërskool Oudtshoorn se Ad Astra-koor, tree vir die vyfde agtereenvolgende jaar by die KKNK op. “Elke jaar is vir ons meer opwindend as die vorige een. Ons beskou dit as ’n groot voorreg om deel van die KKNK te wees,” sê Elmine Bester, koorleier en dirigent. Hulle deel op 1 April om 19:30 in Boontoe: Engelstemme die verhoog met onder andere Jo Black, Corlea Botha, Thembeka en Robbie Wessels.

Ander Oudtshoorniete wat op die Huisgenoot-verhoog optree sluit in: Bradley Zeelie (Karoo-nag) ’n danser van George en vorige wenner van die KKNK/Remgro-beurs en die Eurythmics Dance Academy (kykNET – Dans op die vlaktes, 30 Maart 19:30).

Die Kuierbuurt se Castle Lager-verhoog deel die talente van plaaslike kunstenaars soos Paul Amas, House of Entertainment, Rubber Johnny, Janine Fourie, die Donkiekar-orkes en ander kunstenaars wat deur ’n talentsoek-inisiatief geïdentifiseer word. Amas, wat die seremoniemeester van dié verhoog is, sê hy sien uit na sy deelname by vanjaar se KKNK.

Op die RSG-verhoog in Baron van Reedestraat deel Poem Mooney, André Boezak en Jeremy van Wyk staaltjies en stories as deel van ATKV-Kampvuur. Amas en House of Entertainment sorg ook op 31 Maart vanaf 20:00 vir die musiekvermaak hier, wat regstreeks op RSG uitgesaai word.

By die ATKV-Speelbos in die Kuierbuurt, bied leerders van George Senior Sekondêr soggens, onder leiding van Tanita da Silva, ’n program van kindervermaak met stories en musiek aan. Twee produksies deur plaaslike kunstenaars vorm deel van die derde Uitkampteater-aanbod: Potluck, ’n toonkas van plaaslike talent en Brandmerk, deur die wenners van die Eden Dramafees met Stephren Saayman, Jomelia Mekeur, Heinrich Hendricks en Robyn September kan daagliks hier gesien word.

’n Nuwe inisiatief waar plaaslike talent voor die KKNK ontwikkel word, onder leiding van Shihaam Domingo en ondersteun deur kykNET, skep verskeie optreegeleenthede op die Castle Lager-verhoog-verhoog by die Kuierbuurt.

Vir verblyfbesprekings kan die KKNK se verblyfkantoor by 044 203 8600 of verblyf@kunste.org.za gekontak word. Die volledige feesprogram is beskikbaar bywww.kknk.co.za en kaartjies by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Oud en nuut’ word gevier op 25ste KKNK-musiekprogram
Uiteenlopende musiekstyle by KKNK te sien
KKNK se 24ste feesprogram prikkel kunskierigheid
Spesiale KKNK-Kuierbuurt promosie verleng

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.