Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»KKNK»Uiteenlopende musiekstyle by KKNK te sien
KKNK

Uiteenlopende musiekstyle by KKNK te sien

Redaksiespan13 Maart 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Feesgangers by vanjaar se KKNK kan uitsien na die debuut van 11 musiekproduksies, met uiteenlopende musiekstyle, deur ou bekendes en nuwe kunstenaars.

Daar is iets vir elke musieksmaak op die program, met verskeie top-musici wat van Donderdag, 29 Maart tot Woensdag, 4 April by dié fees op Oudtshoorn te sien is.

In Lepeltjie vol snare bring die ikoniese Suid-Afrikaanse kitaarspeler, Hannes Coetzee (vanjaar se ontvanger van die Kunste Onbeperk Kruispunt), sy eiesoortige manier van kitaarspel na die verhoog. Coetzee speel kitaar met ’n teelepel in sy mond en sy unieke spel, het aan hom nasionale en internasionale bekendheid verwerf. Frazer Barry, Earl Witbooi, Loit Stols, Deniel Barry en Stefne van Dyk deel die verhoog met hom.

In CH3 met Chris Chameleon en CH2, span dié drie musikante kragte saam vir ’n vertoning uit die boonste rakke, van internasionale gehalte. Chameleon se briljante stemgebruik en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, saam met die kitaarspelvuurwerke van CH2, sorg vir ’n onvergeetlike musikale reis.

Amanda Strydom se nuutste vertoning – Stadig oor die Klippers – handel oor die liefde, lewer, menslike kondisie en die dood. Strydom neem die gehoor met haar kenmerkende styl deur ’n wye spektrum van emosies. Anna Davel, Gloria Bosman en John Fresk span kragte saam in Ella Fitzgerald – A century in song, waarin hulle hulde aan dié musikant se tydlose musiek bring, met ’n diverse repertorium.

In die kabaret Besselsen met Jacques du Plessis en J.C. Visser, het Gertjie Besselsen, lid van Mr Cat & the Jackal, van Hennie Aucamp en I.D. du Plessis se bekendste tekste getoonset. Met woord en musiek word hierdie produksie ’n interessante, kleinskaalse Afrikaanse kabaret op sy beste.

David Kramer se Platteland met David Kramer, Carlo Daniels, Anray Amansure, Nick Turner, Sean de Vries, Dylan Roman en Kerryn Torrance is ’n samestelling van Kramer se musiek, gesing deur hierdie kunstenaars en ’n orkes, vir veel meer as net ’n konsert met liedjies. Dit is ’n belewenis.

Goue treffers vani Kaap! is ’n musiekblyspel met Karin Kortje, Robin Pieters en Elwira Standili, met gunsteling- goue treffers uit die hartjie van die Kaap. Dié drie sangers deel in ’n intieme ruimte hul liefde vir musiek deur sterk ballades met ’n tikkie nostalgie.

Lize Beekman en Jaconell Mouton deel in Stilte na die storm ’n intieme en rustige musiekervaring met musiek en lirieke uit Beekman se pen. Haar sangstem en kitaarbegeleiding, saam met Mouton se aanvoeling vir haar musiek op klavier, sorg vir sielvolle vertolkings wat ’n mooi en blywende ervaring beloof.

Maanlig met Leslie Javan, Maciej Lacny, Ronan Skillen en Francois Afrika se storie strek dwalend vanaf die see, oor berge deur die Karoo, Namakwaland en verre verlede met musiek vol kulturele geur en kleur. Dit bestaan meestal uit nuwe werke uit Javan se pen, met nuwe weergawes uit die verlede, uit ’n rangskikking van akoestiese kitaar, tjello en perkussie wat saam ’n storie vertel.

Feesgangers het met Ricus en Refentse Akoesties, ’n geleentheid om dié twee sangers soos nog nooit vantevore te sien: intiem en akoesties. Hulle deel ou gunstelinge wat afgestof word en hul nuutste treffers. Ricus Nel sê hy sien baie uit na sy KKNK-terugkeer. “Dié produksie is rou en gehore gaan die eerlikheid in ons stemme en instrumente voel, sien en waardeer,” vertel hy.

Coenie de Villiers en Mauritz Lotz deel die verhoog in Shhhhhhhhhh, waar De Villiers se nuutste versameling liedere vir die eerste keer by die KKNK gespeel word. Hy wys in hierdie vertoning waarom hy beskou word as een van Suid-Afrika se sterkste liedjieskrywers en Lotz voeg sy eie towerkrag op kitare by.

Ander musiekhoogtepunte sluit in: Laurika Rauch met Loki Rothman: Blou; Afrika my verlange / Afrique mon désir waar Kramer as regisseur kragte saamspan met die veelbekroonde sanger en komponis Laurinda Hofmeyr en baskitaarspeler Schalk Joubert, saam met ’n wêreldklas-ensemble van sangers uit Wes-Afrika, ontdek hulle ’n skatkis van Afrika-poësie; Karin Hougaard in Grepe en die Fiësta-benoemde klassieke RSG “Dis Opera” Konsert.

Feesgangers kan uitsien na verskeie musiekoptredes in die gewilde Die Windpomp Restaurant Teater, waar daar tussen die gewoel van elke feesdag, ’n oase van sielverkwikkende musiek in ’n intieme omgewing aangebied word. Dié venue is vanjaar in die Banketsaal, bo die Absa Burgersentrum, op die hoek van Langenhoven- en Voortrekkerweg. Heerlike etes en drinkgoed word voor die vertonings hier bedien.

Die volledige feesprogram is beskikbaar by www.kknk.co.za. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite / Checkers en House & Home gekoop word. Verblyfbesprekings kan by 044 203 8600 of verblyf@kunste.org.za gedoen word.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Oud en nuut’ word gevier op 25ste KKNK-musiekprogram
Plaaslike talent op verskeie KKNK-verhoë te sien
KKNK se 24ste feesprogram prikkel kunskierigheid
Spesiale KKNK-Kuierbuurt promosie verleng

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.