Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Lekkerland Carnival»Lekkerland 2019: Dis weer tyd om #lekkerrr te wees
Lekkerland Carnival

Lekkerland 2019: Dis weer tyd om #lekkerrr te wees

Redaksiespan28 Januarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

King Price Insurance en Matchbox Live het weer kragte gesnoer vir die derde aflewering van Lekkerland Carnival wat op 23 Maart 2019 op Dullstroom plaasvind.

Vanjaar is dié fees selfs groter en beter omdat dit oor ’n langnaweek plaasvind. Die kunstenaars op aanbod is boonop glad nie te versmaai; Bobby van Jaarsveld, Janie Bay, Spoegwolf, The Dullybuggers en Roan Ash is te sien saam met Matthew Mole en The Barbosa Experience wat weer terug keer.

Sedert die eerste Lekkerland Carnival uitverkoop het, het die fees ’n instelling op menige feesgangers se kalender geword. Feesgangers sal die jaar meer kan verwag met vele verrassings en skouspelagtige vertonings wat vanaf Vrydag, 22 Maart tot Sondag, 24 Maart sal duur. Die #lekkerrr seremoniemeesters, Bennie Fourie en Bouwer Bosch is ook terug.

Die BDI se straatoptredes sal sorg vir die #lekkerrr-faktor terwyl die kleinspan die springkastele en ponieritte kan geniet. Pak sommer jou draf- of stapskoene en geniet die Lekkerrr Run of bergfiets wedren. Die kinders is ook meer as welkom.

Lekkerland Carnival word weer op Dullstroom in Mpumalanga, aangebied. Dié dorpie is veral bekend vir sy prettige winkels, inspirerende galerye, eetplekke en akkommodasie wat almal se sak sal pas. Dis slegs twee en ’n halfuur se ry vanaf Johannesburg en Pretoria, wat dit die perfekte langnaweek-uitstappie maak. Woon ’n paar vertonings op die dorp op Vrydagaand by, kuier Saterdag by die karnaval op die Village Green-gronde en sluit die naweek stadig maar seker op Sondag af.

Die Lekkerrr Tent Hotel sal ook terug wees asgevolg van akkommodasie wat so vinnig uitverkoop word. Dis ’n kamp-ervaring soos min.

Met die ondersteuning van King Price, ’n maatskappy wat versekering verander, een premie op ’n slag, beloof Lekkerland om weer ’n familie-ervaring soos min te wees.

Besoek www.lekkerland.co.za vir kaartjies voor jy uitmis op ’n #lekkerrr tyd!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Lekkerland 2018: Groter, beter en nóg lekkerder!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.