Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Afrisaam Fees»Afrisaam Fees vier vanjaar weer Afrikaans
Afrisaam Fees

Afrisaam Fees vier vanjaar weer Afrikaans

Redaksiespan28 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

“Top klas Afrikaanse musiek, heerlike feeskos en ’n veilige kindertuin waar die kinders die dag kan spandeer terwyl die ouers lekker kuier,” só sê die organiseerders van die jaarlikse Afrisaam Fees wat vir ’n vyfde keer aangebied word.

Vanjaar se fees wat op Saterdag, 8 Junie 2019 gehou word huisves weer eens die immergewilde Steve Hofmeyr. Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Bobby van Jaarsveld, Chrizaan, Arno Jordaan, Caroline Grace, Arno van der Hoff, Alida en Die Kontrak se Ivan Roux en Demi Lee Moore sal ook op die fees te sien wees.

Pieter Koen, wat ’n verrassing of twee saam bring, en Henry Bruinette sal as seremoniemeesters op die fees optree.

Daar’s ook hope pret en plesier met kindervermaak vir oud en jonk – ’n nuutjie op die feesprogram.

Dié fees bied ’n platform vir Afrikaans waar álle Afrikaanse kunstenaars welkom is. “Dis ’n platform om ons herkoms en identiteit te vier. Ons wou ook weer lewe in dorp blaas, aangesien die dorp baie stil was, en geen vermaak aangebied is nie,” het Lianné Barnard, een van die organiseerders, gesê.

Benewens al die musiek en ander feestelikhede kan feesgangers ook uitsien na sowat 50 stalletjies – van heerlike eet- en drinkgoed tot handgemaakte produkte. “Ons hoof doel is om mense wat van hul eie handewerk afhanklik is vir ’n inkomste, ’n platform te gee om te verkoop,” vertel Lianné verder.

Hierdie jaar kry die fees ook ’n nuwe tuiste en sal op die gronde van die Springs Old Boys Club plaasvind. Dit is geleë, op die hoek van Hobok en GilGilweg, Pollak Park. Daar is ook hope spasie en veilige parkering.

Die Afrisaam Fees is ’n Afrikaanse saamstaan en saamdans makietie. Ons kom saam, om in ons taal, ons musiek, ons herkoms en ons toekoms te vier. “Ons het ’n pragtige taal en dit is hartseer hoe ons taal onderdruk word en verengels word. Ons het dus ’n fees geskep waar Afrikaners kan saamkom (dit is waar Afrisaam vandaan kom) en hul taal en kultuur kan kom vier!”

Kaartjies vir die vyfde Afrisaam Fees kos R180 vir volwassenes en hoërskool kinders. Laer- en voorskoolse kinders kry gratis toegang. Kaartjies is beskikbaar by www.afrisaamfees.co.za of by die feeskantoor op Springs. Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan kaartjies@afrisaamfees.co.za of skakel 076 928 6921.

Die Afrisaam Fees word aangebied met The Marketing Zoo as bemarkingsvennoot en Afrikaanse Musieknuus as aanlyn mediavennoot.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Afrisaam Fees 2019: Hier’s alles wat jy moet weet!
Caroline Grace: ‘Afrisaam is ’n droom wat waar geword het’
Bobby van Jaarsveld: ‘Feeste vier ons taal deur musiek’
Afrisaam Fees gee vanjaar terug aan ons viervoetige vriende

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.