Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»US Woordfees»‘Pure Coenie’ eersdaags ook op US Woordfees
US Woordfees

‘Pure Coenie’ eersdaags ook op US Woordfees

Redaksiespan18 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Pure Coenie is die konsert van Coenie de Villiers se grensverskuiwende nuwe album, Pure Coenie. Dié nuwe liedere en meegaande oudio-visuele aanbieding het ’n sensasie by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) veroorsaak, en daardie einste konsert kom nou na die Woordfees.

“Musiek en liriek is so dig verweef dat dit klink asof dit gesamentlik en organies geskep is. Albei is kuns – eerlike, onopgesmukte musiek en digkuns. (Dis vir my) ongetwyfeld sy mooiste konsert,” skryf die resensent Wim Vorster oor die konsert.

Coenie word op die verhoog bygestaan deur kitaarmaestro Mauritz Lotz, wat ook met De Villiers aan die produksie van die album saamgewerk het. “Die musiek is stiller en kyk meer inwaarts,” meen Coenie. “Dis ’n album waarop ek weer nuut en vars wil skryf – dit het so maklik gelyk op sewentien!”

Daar is ’n uiteenlopende aantal kunstenaars wat op die album saam met De Villiers verskyn: Vicky “My African Dream” Sampson, Francois van Coke, Joshua na die Reën, Brandon October en Leon Gropp is van die sangers wat saamsing, “maar op ’n heel nuwe manier en met ’n nuwe klank”, vertel Coenie. Dan is daar die formidabele klassieke Odeion Strykkwartet wat saamspeel met niemand minder as teater-reus Dr John Kani in ’n snit waarvan Coenie die musiek en vertel-teks geskryf het.

“Ek het al die musiek en liriek vir die album geskryf,” sê Coenie. “Die konsert is egter ’n ‘unplugged’ uitvoering wat mense hopelik plesierig onkant gaan betrap. Die verwerkings is ongewoon: hier en daar is die snitte slegs akoesties – dis baie min waar ’n mens nie ’n enkele masjien op ’n snit sal aantref nie. Ons wou dit weer probeer om te kyk of ons dit nog kan doen. En die konsert is geheel en al baby-vry!” lag hy.

Pure Coenie is die Stellenbosse stadsaal op Saterdag, 2 Maart om 20:00 en Maandag, 4 Maart om 11:00 te sien. Klik hier om kaartjies aanlyn by Computicket te koop.

Die 20ste US Woordfees vind vanaf 1 tot 10 Maart 2019 op Stellebosch plaas. Die volledige feesprogram is beskikbaar by www.woordfees.co.za.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

’n Propvol musiekprogram op 20ste US Woordfees
Vyf musiek hoogtepunte op US Woordfees

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.