Die fees van die jaar, Afrisaam, het aangebreek en Saterdag, 8 Junie is van ons land se gewildste kunstenaars almal op een verhoog op Springs te sien.
Afrisaam Fees
Met haar fluweel stem gaan Caroline Grace vanjaar se Afrisaam Fees-feesgangers bekoor met van haar gewildste treffers. Ons het gaan inloer.
Die sanger Bobby van Jaarsveld gaan dié jaar ook sy treffers op die Afrisaam Fees-verhoog sing.
Die organiseerders van die Afrisaam Fees poog jaarliks om ’n projek of twee aan te pak om die gemeenskap ’n hupstoot te gee.
“Top klas Afrikaanse musiek, heerlike feeskos en ’n veilige kindertuin waar die kinders die dag kan spandeer terwyl die ouers lekker kuier,” só sê die organiseerders van die jaarlikse Afrisaam Fees wat vir ’n vyfde keer aangebied word.
Vanjaar se Afrisaam Fees vind plaas op 8 en 9 Junie 2018 by Fabu Leux trou sentrum, op Springs, en die organiseerders beloof ’n groter as groot fees!