Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Piekniek & Musiek»Snotkop, Theuns en Tarryn sluit Piekniek & Musiek-seisoen af!
Piekniek & Musiek

Snotkop, Theuns en Tarryn sluit Piekniek & Musiek-seisoen af!

Redaksiespan15 Februarie 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Indien jy nog nie een van die Piekniek & Musiek-konserte by Zevenwacht in Kuilsrivier bygewoon het nie, weet jy nie wat jy mis nie.

Dié altyd uitverkoopte produksies bied konsertgangers nou die geleentheid om niemand anders as Theuns Jordaan, Snotkop en Tarryn Lamb op die laaste Piekniek & Musiek van die somer op een verhoog te sien.

Maar jy sal moet wikkel – daar is slegs 150 kaartjies oor!

Die gewilde konsert, wat nie net ’n instelling onder die gereelde gehore is wat dit keer op keer bywoon nie, het met groot passie dit reg gekry om net die beste Afrikaanse top-kunstenaars Kaap toe te bring en dit nogal op die groen grasperke van Zevenwacht in Kuilsrivier waar jy en jou geliefdes heerlik piekniek kan hou of smul aan al die lekkernye wat deur die vele kostrokke voorsien word.

Piekniek & Musiek met Theuns Jordaan, Snotkop en Tarryn Lamb vind op Sondag, 3 Maart by die Zevenwacht wynlandgoed plaas. Kaartjies is by Webtickets of Pick n Pay te koop teen slegs R185 per kaartjie. Toegang vir kinders tussen die ouderdomme 3 tot 12 kos slegs R85. Vir jong aanhangers onder 3 is toegang gratis.

Die hekke sal om 13:00 op Sondag open. Vanaf 14:30 tot 15:30 sal Tarryn Lamb gehore bekoor. Daarna salaf die gewilde Theuns Jordaan vanaf 16:00 tot 17:00 musiek maak en vanaf 17:30 tot 18:30 sal Snotkop die skare vermaak soos net hy kan.

Daar sal soos oudergewoonte ’n verskeidenheid kostrokke, kroeë en piekniek-pakkies (wat vooraf bestel moet word) beskikbaar wees. Vir meer inligting oor die piekniek-pakkies, stuur ’n WhatsApp na 079 567 1122.  

Geen kos of drank mag op die perseel gebring word nie, so kontant of kredietkaarte vir die kostrokke en kroeë word aanbeveel.

Ses gratis bussies sal ook beskikbaar wees om diegene wat die stap wil vermy vanaf die parkeerarea na die piekniekgronde met vreugde te vervoer.

Rugleunings, stoele sonder pote en sambrele is welkom. Die sambrele moet egter tydens die vertonings af geslaan word. Geen hoë stoele, gazebos, of enige iets wat in die pad van aanhangers kan wees om nie die verhoog en kunstenaars te sien nie, word glad nie toegelaat nie.

Ian Bredenkamp, die brein agter die suksesvolle konsertreeks, vertel: “Ek en my span het daarin geglo dat daar ’n hongerte in die Kaap was om die beste in Afrikaanse musiek te geniet. Met groot vreugde en dankbaarheid in ons harte was dit waar, want elke vertoning was nog uitverkoop tot dusver. Ons is saam met die mense jammer dat dit die laaste vertoning van die seisoen is, maar ons belowe ons sal terug wees met nog groter en beter verrassings. Hou ons sosiale media gerus dop vir aankondigings!”

“Wat kan nou lekkerder wees as om die asemrowendste wynplaas by te woon met van die grootste name in Afrikaanse musiek. Moet dit nie mis nie, vra maar diegene wat keer op keer weer kom saam kuier,” sluit Ian af.

Piekniek & Musiek word met trots aangebied deur Ian Bredenkamp Media in samewerking met Die Burger, Sarie en Jou Taal, Jou Treffers.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Bobby en Robbie op volgende Piekniek & Musiek
Grootste Piekniek & Musiek-konsert sluit seisoen op hoë noot af
Eerste Piekniek & Musiek-konsert byna uitverkoop
Piekniek & Musiek verskaf die klankbaan vir jóú Sondaemiddae

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.