Kaartjies vir beide Liefde by die Dam konserte in Johannesburg en Kaapstad, het binne ’n dag na die verkope in Februarie oopgemaak het, uitverkoop.
Feeste
Vir die afgelope twee jaar het die pandemie alle konserte gekelder, maar nou is dit gelukkig weer tyd om die hekke wyd oop te swaai en te laat waai!
Die Suidoosterfees en Atlantic Studios laat die klassieke inryteater herleef.
Die Standard Bank Innibos Digitale-fees skop die komende naweek af en jy is verseker van die beste sitplek, maak nie saak waar in die wêreld jy jouself bevind nie!
Weens die voortslepende gesondheidskrisis en die verbod op konserte, het die die organiseerders van die Krone-konsert, wat in Augustus vanjaar sou plaasvind, genoop om die gewilde moewiese saamsinjol uit te stel.
Weens die deurlopende beperkings op sosiale geleenthede en byeenkomstes tydens die onderskeie vlakke van die nasionale COVID-19-inperking, sal kaartjieverkope vir vanjaar se Afrikaans is Groot-konserte tot verdere kennisgewing uitgestel word.
Ses vroue met hulle uiteenlopende, maar kragtige stemme gaan op 23 Augustus 2020 hulle talente kombineer en in samewerking met Entertainment & Events Factory bring hulle die SA’s Diva Spectacular Show na die Sun Arena in Pretoria!
Dis jaar ná jaar een van die hoogtepunte op die vermaaklikheidskalender en die jaar is geen uitsondering. Krone is terug met al sy treffers en nóg meer kunstenaars.
In Februarie 2020 gooi die gemeenskap van Reitz in die Oos-Vrystaat vir die 40ste keer sy arms wyd oop om besoekers van oraloor by die Bieliemieliefees te verwelkom.
Die Afrikaans is Groot Somerfees skop oor nét ’n paar dae af en die oragniseerders kan nie wag om almal by dié heel eerste Mosselbaai-feestelikheid te verwelkom nie.