Na die reuse sukses wat die GroolJol fees in Pretoria (Mei) en Hartenbos (Desember) geniet het, is dit goed gedink om hierdie fees na die mense toe te neem sodat hulle ook hierdie lekker energieke konsert kan beleef.
Feeste
Dis reg ja… Krone gaan op 19 Augustus 2023 sy merk by Loftus Versveld in Pretoria maak en die konsert beloof om selfs groter en beter as ooit te vore te wees.
Vanaf 23 tot 31 Desember 2022 gaan Afrikaans is Groot fees kom hou by die ATKV Hartenbos Amfiteater vir die heel eerste GrootFees.
Ná twee jaar se stilte weens die Covid-19 pandemie is die gewilde Afrikaanse konsert, Afrikaans is Groot, weer terug op die planke.
Die teleurstelling was groot toe Krone 7 in Augustus 2020 noodgedwonge uitgestel moes word as gevolg van die wêreldwye pandemie.
Kaartjies vir beide Liefde by die Dam konserte in Johannesburg en Kaapstad, het binne ’n dag na die verkope in Februarie oopgemaak het, uitverkoop.
Vir die afgelope twee jaar het die pandemie alle konserte gekelder, maar nou is dit gelukkig weer tyd om die hekke wyd oop te swaai en te laat waai!
Die Suidoosterfees en Atlantic Studios laat die klassieke inryteater herleef.
Die Standard Bank Innibos Digitale-fees skop die komende naweek af en jy is verseker van die beste sitplek, maak nie saak waar in die wêreld jy jouself bevind nie!
Weens die voortslepende gesondheidskrisis en die verbod op konserte, het die die organiseerders van die Krone-konsert, wat in Augustus vanjaar sou plaasvind, genoop om die gewilde moewiese saamsinjol uit te stel.