Afrikaans Oppi Platteland kom vir die eerste keer na Pretoria op 9 Mei 2026! Verwagt ’n dag vol top kunstenaars, Afrikaanse musiek, kos, kuier en die bekende plattelandse gees.
Feeste
Francois van Coke & Vriende keer op 3 Oktober terug na SunBet Arena vir die grootste show nóg – met legendes, verrassings en pure rock magic. Dis persoonlik. Dis eg. Dis familie.
Die DorpToe Fees wat op 16 en 17 Mei 2025 by die pragtige Heartland Equestrian Estate plaasgevind het, het bewys…
Afrikaans is Groot keer in 2025 terug na die SunBet Arena, ter viering van Afrikaans se 100ste bestaansjaar, met ’n indrukwekkende kunstenaarslys, verrassings en ’n produksie wat die grootste in die geskiedenis sal wees.
Moenie die musiekervaring van die jaar misloop nie! Oos Wes Tuis Bes bring op 5 April 2025 van Afrikaans se grootste kunstenaars na Carnival City vir ‘n onvergeetlike aand.
Universal Musiek se DorpToe-fees bring top Afrikaanse musiek, kos en vermaak na gemeenskappe regoor Suid-Afrika. Die eerste fees vind op 16-17 Mei 2025 in Brits plaas. Kry jou kaartjies nou!
Die immergewilde Krone-konsert maak vanjaar weer sy opwagting op Loftus Versfeld in Pretoria en beloof om groter en beter te wees as ooit tevore. Op 30 Augustus 2025 sal van Suid-Afrika se gunsteling musieksterre die verhoog aandurf vir ’n onvergeetlike aand van musiek, samehorigheid, en natuurlik, saamsing.
Hierdie unieke konsertformaat, wat as ’n 360-grade-ervaring aangebied word, laat die gehoor deel voel van die aksie. Met lirieke wat op grootskerms vertoon word, kan almal in die stadion saam karaoke met hul gunsteling kunstenaars – ’n konsep wat Krone reeds oor die jare so gewild gemaak het.
Die kunstenaars vir 2025 is sopas aangekondig, en dit is vol van die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf. Bekende Krone-kunstenaars soos Kurt Darren, Juanita du Plessis, Snotkop, en Liezel Pieters sal weer hul stemme laat hoor.
Hulle word aangevul deur talentvolle sterre soos Barto, Leah, Bernice West, Irene-Louise van Wyk, Refentse, Brendan Peyper, en Eloff, wat almal reeds voorheen op die Krone-verhoog gesorg het vir skittervertonings.
Vanjaar bring ook vars talent na die verhoog: Danny Smoke, Tamlyn Wessels, Die Piesangskille, Zaan Sonnekus, en die duo ONS sal vir die heel eerste keer deel wees van die Krone-ervaring. Hierdie kombinasie van gevestigde kunstenaars en nuwe sterre waarborg ’n veelsydige program wat elke aanhanger sal bekoor.
Krone by Loftus 2025 word met trots aangebied deur Select Musiek, ’n afdeling van Sony Musiek, in samewerking met kykNET en Lift. Dit is ’n samewerking wat keer op keer die standaard vir konserte verhoog en ’n professionele, kwaliteit ervaring verseker.
Kaartjies vir hierdie musiekaand van formaat is vanaf 28 Januarie 2025 om 10:00 eksklusief op iTickets beskikbaar. Indien jy op die Krone Fans-WhatsApp kanaal is sal jy reeds op 27 Januarie 2025 om 10:00 kaartjies kan koop.
Vir diegene wat nie kan wag om die opgewondenheid te beleef nie, is die Krone by Loftus 2024-konsert reeds aanlyn beskikbaar om te kyk. Die konsertalbum kan ook op alle groot stroomdienste geluister word.
Maak gereed om jou stem warm te sing en deel te wees van een van die grootste musiekgeleenthede van die jaar. Loftus gaan skud, en jy wil beslis deel wees van die aksie!
Die Theuns Jordaan Tribute-konsert, met Suid-Afrika se grootste kunstenaars, kom op 9 Augustus 2025 na Amsterdam se Afas Live. Vier sy musiek in hierdie onvergeetlike eenmalige geleentheid.
Vier 21 jaar van Fokofpolisiekar by hul laaste groot verjaarsdagpartytjie, 21 NOT DONE, op 16 November by Loftus D-Veld in Pretoria. Verwag: top kunstenaars, eksklusiewe items, en onvergeetlike vibes!
GrootFees 2024 keer terug na Hartenbos van 21 tot 31 Desember met top kunstenaars soos Elvis Blue, Demi Lee Moore en Riaan Benadé. Bespreek jou kaartjies nou vir onvergeetlike somerpre