Die Cederberg Rooibos Kunstefees, wat die afgelope naweek op Clanwilliam plaasgevind het, het feesgangers behoorlik bederf met ’n verskeidenheid toneelstukke, musiekproduksies, praatjies, etes en musiek deur top Suid-Afrikaanse kunstenaars in die Kuiertuin. Die feesprogram het op Donderdag, 20 Oktober afgeskop met die 150-jaarviering van die Anglikaanse Kerk by die Clanwilliam Museum. Die aanbieder, Stephnie Murray, het die gehoor op ’n reis terug in tyd geneem met haar oudiovisuele vertoning wat sy by die geleentheid aangebied het. Volgende op die program was die opening van die Cederberg-kunsuitstalling by die Kunshuis, met Dr Ernst van der Walt wat as openingspreker opgetree het…
Skrywer: Fanie Nel
Die gewilde sanger, Bobby van Jaarsveld, is onlangs opgeneem in die hospitaal vir ’n stem-operasie. Bobby het verlede jaar gesê die baie singery plaas stremming op sy stembande. Bobby het grapend op sy Instagram-profiel geskryf: “Operasie …. sukses ✔ Onder narkose het ek blykbaar gevra of ek kan braai. Ek hou van braai. Baie. Dalk te veel.” Operasie …. sukses ✔ Onder narkose het ek blykbaar gevra of ek kan braai. Ek hou van braai. Baie. Dalk te veel. #VocalSurgary #Successful A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on Oct 26, 2016 at 10:01am PDT Hy het vroeër vanjaar…
Henrico Coetzer (23) se eerste enkelsnit en musiekvideo, Soos Reën – uit die pen van Joshua na die Reën, is vroeër vanjaar bekendgestel en is ongelooflik goed deur TV-kanale en radiostasies landwyd ontvang. Nou, is hierdie sanger terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Bly By Jou, vanaf sy tweede album, Dis Wie Ek Is. “Bly By Jou is ’n liefdeslied soos baie ander, maar die lied het ’n dieper boodskap wat die luisteraars sal raak. Dit het ’n sterk tema en melodie wat dit spesiaal maak. Ek wil graag hê dat die publiek mooi na elke woord sal luister en weer…
In die 21ste eeu besluit jy wat jy waar en hoe wil sien en hoor. Dis wat digitale burgerskap beteken. Hoekom dan nie ook van waar ook al jy is regstreeks saamgesels in ’n nuwe versoek-, musiek- en leefstylprogram, wat nie net vir jou gemaak is nie, maar wat jy help maak? Met chatNOU! kan jy jouself op TV sien – elke Maandag tot Vrydag van 16:00 tot 18:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146). Dis ’n opwindende twee-uur-lange regstreekse uitsending met aanbieders en kykers wat direk en interaktief met mekaar chat. Dit beteken jy kan: • inskakel en jou gunsteling…
Daar is beslis géén keer aan Bok van Blerk nie, want hy het goue status met sy nuutste album bereik slegs binne een week ná die vrystelling! Van De La Rey Tot Nou bevat 15 splinternuwe treffers en met die reaksie by konserte en sy goue status, is dit duidelik dat hy ’n immergewilde en geliefde sanger is. Heelparty liedjies kom uit die pen van Johan Vorster, Christoph Kotzé en Bok self. Van die liedjies op die album is die titelsnit vanaf die Modder en Bloed-klankbaan, Bloedbroers en Goeie hout. Reënspinnekop en Winterkind, onderskeidelik uit die pen van Valiant Swart…
Die finale voorbereidings vir die vyfde Afrikaans is Groot-konserte is reeds volstoom aan die gang en beloof weer ’n buitengewone ervaring vir liefhebbers van Afrikaanse musiek te wees. Die toetrede van die Nederlandse sangsensasie – Amira – gaan ook bydra tot die unieke konsert wat vir vanjaar beplan word. Die twaalfjarige Nederlandse sanger het die wêreld oorrompel met haar optrede in Holland’s got talent in 2013. In Junie was sy ook in Suid-Afrika en is meer as een keer staande toegejuig vir haar optrede in die Classics is Groot-konsert. “Die reaksie was so oorweldigend dat ons besluit het om te…
Sanger en liedjieskrywer, Len Muller, se sielvolle musiek het van hom ’n kitstreffer gemaak in die ore en harte van musiekliefhebbers regoor die land. Sy splinternuwe enkelsnit, Ek Glo, is pas bekendgestel en beloof om nie net voort te bou op dié wenresep nie, maar dit ook te oortref. Die snit is die eerste vrystelling vanaf sy opkomende album, Oog van die Storm. Die blondekopsangsensasie het in 2012 besluit om Richardsbaai se see en sand te verruil vir ’n solo-sangloopbaan in Pretoria. Dit het gelei tot die vrystelling van sy eerste EP Album, Len Muller, wat hom amptelik aan aan…
Ná die reuse sukses met uitreiking van Afrikaans is Groot volume 8, kan luisteraars uisien na volume 9. Dié album wat nie minder as sewe eksklusiewe splinternuwe treffers bevat het reeds die winkelrakke getref. Die album bevat iets vir elke oorwurm – van Brendan Peyper se Stop, Wag, Bly Nog ’n Bietjie tot Andriëtte Norman se Sewe Oseane. Afrikaans is Groot aanhangers word ook getrakteer met ’n aptytwekker van Bobby van Jaarsveld se liedjie, Geloof, Hoop en Liefde. Luister gerus daarna hier:
Die rockgroep, Nagligte, se splinternuwe enkelsnit, Vir Nou is onlangs uitgereik en kort op die hakke volg die musiekvideo van die snit. Die musiekvideo is op 11 September 2016 geskiet deur Michael Ellis in Brackenfell in Crossfit Okovango Kraaifontein en Durbanville met die talentvolle Inus Smuts as regisseur. Dit fokus op ’n lewendige en ennergieke vertoning deur Nagligte. Die video vertel die verhaal van ’n middeljarige werkende man, gespeel deur Francois Coertze, se sieldodende roetine en gejaag na geld, wat hom nêrens bring nie. Dit sluit ook aan by die boodskap van Vir Nou – om uit te breek uit…
Pen gerus so paar van dié datums aan en kuier saam jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars. Indien jy ’n optrede of geleentheid in ons dagboek wil plaas kan jy gerus hier klik. Bobby Van Jaarsveld is 21 Oktober by Laerskool Krugersdorp-Noord/ Noordskool te sien. Kaartjies is beskikbaar by die skoolkantoor of skakel vir Mnr Quintin Botha by 011 665 1390. 19 en 20 Oktober is Steve Hofmeyr by die Centurion Theatre. Bespreek jou plek vandag nog by www.tixsa.co.za Andriette Norman is 19 Oktober by die Alta du Toit Nasorg se Groot Konsert in Bellville. Stuur ’n e-pos aan marina@altadutoit.org.za vir meer…