Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Goue status vir Bok binne een week
Nuus

Goue status vir Bok binne een week

Fanie Nel20 Oktober 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Daar is beslis géén keer aan Bok van Blerk nie, want hy het goue status met sy nuutste album bereik slegs binne een week ná die vrystelling!

14718653_1149132835170269_4338806311133670999_n
Bok van Blerk se album is nou beskikbaar. Foto: Inhoud Huis Facebook

Van De La Rey Tot Nou bevat 15 splinternuwe treffers en met die reaksie by konserte en sy goue status, is dit duidelik dat hy ’n immergewilde en geliefde sanger is. Heelparty liedjies kom uit die pen van Johan Vorster, Christoph Kotzé en Bok self. Van die liedjies op die album is die titelsnit vanaf die Modder en Bloed-klankbaan, Bloedbroers en Goeie hout. Reënspinnekop en Winterkind, onderskeidelik uit die pen van Valiant Swart en Koos Kombuis is ook te hoor op Van De La Rey Tot Nou.

Daar is heelparty ooreenkomste tussen Bok se eerste album en dié een, behalwe vir die titel wat baie dieselfde is. Beide bevat liedjies oor motors, 68 Chevy op De La Rey en Datsum bakkie op die nuwe album. Beide bevat liedjies geskryf deur ander immergewilde sangers en skrywer en selfs die foto’s op die omslag is op dieselfde plek geskiet. Die omslagfoto waar Bok by ’n kweekhuis staan en uitkyk is simbolies aangesiek hy uitkyk oor wat die volgende dekade gaan inhou.

Bok vertel, “Die afgelope tien jaar voel steeds onwerklik en hierdie album is my manier om dankie te sê vir almal wat die musikale paadjie saam met my gestap het, vanaf die mede-musikante tot die mense wat die albums koop en my konserte bywoon.”

Boonop is daar ’n kuier DVD met lewendige optredes op pad; wát is ’n meer gepaste manier om dankie te sê aan sy ondersteuners vir tien jaar se lojaliteit!

Van De La Rey Tot Nou is nou by musiekwinkels beskikbaar. Wees ook op die uitkyk vir ’n lekker partytjie of kuier-om-die-braai DVD wat by Weiveld opgeneem is en wat van sy grootste treffers sal insluit, asook die nuwe treffer Van De La Rey Tot Nou.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.