Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Nuwe Len Muller enkelsnit ’n resep vir sukses
Nuus

Nuwe Len Muller enkelsnit ’n resep vir sukses

Fanie Nel18 Oktober 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Sanger en liedjieskrywer, Len Muller, se sielvolle musiek het van hom ’n kitstreffer gemaak in die ore en harte van musiekliefhebbers regoor die land. Sy splinternuwe enkelsnit, Ek Glo, is pas bekendgestel en beloof om nie net voort te bou op dié wenresep nie, maar dit ook te oortref. Die snit is die eerste vrystelling vanaf sy opkomende album, Oog van die Storm.

Die blondekopsangsensasie het in 2012 besluit om Richardsbaai se see en sand te verruil vir ’n solo-sangloopbaan in Pretoria. Dit het gelei tot die

Len Muller, Ek Glo. Foto: Verskaf
Len Muller, Ek Glo. Foto: Verskaf

vrystelling van sy eerste EP Album, Len Muller, wat hom amptelik aan aan die musiekbedryf bekendgestel het. Sy debuutalbum, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is, is baie goed ontvang en het heelwat treffers opgelewer wat gereeld koning gekraai het op treffersparades en musiekprogramme. Dié juweel het ook aan hom verskeie Ghoema- en Tempo-benoemings, waaronder Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar, besorg. Smag na Jou, die debuutenkelsnit, is vandag steeds ’n gunsteling en is gebruik op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas. Vir Die Een Wat Geval Het, wat in 2016 saam met Joshua na die Reën uitgereik is, het groot opslae gemaak en kry gereeld speeltyd op die radio en kassie.

Sy nuutste enkelsnit, Ek Glo, is eie aan die Afrikaans-akoestiese styl waarvoor Len bekendheid verwerf het en is deur die sanger self geskryf. “Die lied kom uit ’n seisoen waar ek heelwat geloofstappe moes vat om dit te doen wat ek geroep is om te doen. Die lied is in ’n sekere sin ’n uitnodiging om te glo. Om te glo in ’n Skepper wat die pad aanwys, maar ook om te glo in dit wat Hy in ons elkeen geplaas het,” vertel hy.

“Ek wou graag ’n lied skryf wat kommunikeer waar ek glo my krag vandaan kom. Ek skryf baie diep, en selfs hartseer musiek, maar wou hierdie keer graag iets skryf waarop luisteraars wil dans en gelukkig wees. Die liedjie het daarom ’n voelgoed-klank en ’n positiewe boodskap. Ek hoop dat dit mense sal inspireer om aan hulle geloof vas te hou.”

Len se strelende storievertellerstem skakel pragtig by die agtergrondmusiek in, maar verleen tog die nodige erns wat jou dwing om aandagtig na die lirieke te luister. Die eindresultaat is so treffend dat dit aanhangers se harte weer opnuut sal steel.

Dié talentvolle kunstenaar se nuwe album, Oog van die Storm, word in 2017 vrygestel. Alhoewel hy nie op hierdie stadium te veel wil verklap nie, sê hy: “Die titelsnit het ek saam met Mynhardt Smit geskryf. Dit is ’n goeie beskrywing van die seisoen waarin ek myself op die oomblik bevind. Die eerste album, Doodgewone Avontuur, was vir my so half ’n geloofsprong in ’n onbekende wêreld en nou is ek in die middel van daai ‘storm’. Ek wil met die album iets sê van God wat die vrede en kalmte vir jou kan wees in die ‘oog’ van die storm. Wanneer als om jou lyk of dit ’n warrelwind is, kan jy veilig en kalm wees in God se hand.”

Oor die afgelope paar jaar het Len nie net die verhoog met name soos Matthew Mole, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman, Dan Patlansky en Kaleidoskoop gedeel nie, maar homself ook gevestig as liedjieskrywer. Hy gaan binnekort ook saam met Ray Dylan toer en het nog baie opwindende planne vir die toekoms.

Ek Glo is beslis ’n moet vir elke musiekliefhebber se speellys. Die kombinasie van inspirerende lirieke, die besonderse wysie en sy uitsonderlike stem, is die perfekte bestanddele vir ’n treffer wat oor tien jaar steeds ’n gunsteling gaan wees en is net nog ’n bewys van die sterk nalatenskap wat Len Muller besig is om in die musiekbedryf te vestig.

Bly ophoogte van Len se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.