Skrywer: Fanie Nel

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

Die gewilde rocker, Francois van Coke, en sy vrou Lauren Badenhorst het gister ouers geword van ’n dogtertjie. Francois het op sy Instagram geskryf: “Alex Lila Badenhorst is vandag gebore, op 7 November. Lauren Badenhorst is amazing.” Alex Lila Badenhorst is vandag gebore , op 7 November. @laliewild is amazing A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on Nov 7, 2016 at 9:35am PST Francois en Lauren is ook die trotse ouers van ’n viervoetige kind, Ringo. Francois deel gereeld foto’s van hom. #ringovancoke Altyd gefokus A photo posted by Francois van Coke (@francoisvancoke) on Nov 1, 2016 at…

Lees meer

Die sanger, akteur en TV-aanbieder, Marno van der Merwe, is terug met ’n splinternuwe musiekvideo vir die liedjie, Huil Vir My. Marno het van dag een af diep spore kom trap in die harte van aanhangers regoor die land. Vandag is dié 31-jarige blondekop ’n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met talle verhoog-, TV- en fliekrolle op sy kerfstok. Hy het ook onlangs TV-aanbieder en solo-kunstenaar by sy, reeds indrukwekkende, CV gevoeg en het nog hope planne en drome vir die toekoms. Alhoewel hy geen formele teater-opleiding of -ondervinding gehad nie, was dit nog altyd sy droom om mense te…

Lees meer

Die Afrikaans is Groot-konsertreeks skop vandeesweek af by die Moreleta Park Ouditorium in Pretoria, en daar word reeds gewoeker om als in plek te kry vir die vyfde aflewering van dié konsert. Besig om “backstage” vir #AfrikaansIsGroot2016 Kunstenaars reg te kry. So vinnige kykie vir jou. Loer gerus pic.twitter.com/R7ik0pMqPO — Afrikaans is Groot (@AfrIsGroot) November 7, 2016 Vanjaar se konsert sluit kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Bok van Blerk, Jay, Laurika Rauch, Dewald Wasserfall, Riana Nel, Lianie May, Corlea en Jannie Moolman in. Benewens al die staatsmakers kan konsertgangers ook…

Lees meer

Die manne van die sanggroep, DZL, is ou bekendes wanneer dit by die loopplank kom en die afgelope naweek het hulle behoorlik hulle staal in Namibië gewys. Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie is deur die organiseerders van die Windhoek Modeweek uitgenooi om deel te wees van hierdie baanbreker geleentheid. Dit was die eerste modeweek wat in Namibië gehou is en bekende name, onder wie Suid-Afrikaanse ontwerper, David Tlale, wat ook al vele keer sy werk by modeweke soos New York ten toon gestel het, was ook deel van die geleentheid. Ander bekende ontwerpers vir wie DZL ook op die…

Lees meer

Die 21-jarige Elandré Schwartz was nog altyd passievol oor musiek en die musiekindustrie. Dié ster, van Despatch in die Oos-Kaap, het reeds van ’n vroeë ouderdom sy passie vir musiek begin kweek, en by klein venues begin optree, maar hy sou nooit kon raai dat sy lewe só drasties verander sou word toe hy Maandag by die Bok Radio 98.9 FM en Bok TV-ateljees instap. Elandré het ’n platekontrak van Select Musiek ontvang. Die onderhoud het afgeskop met ’n doodnormale geselsie met die Bok Breakfast aanbieders, Wimpie van der Sandt en Le-Lue Roode, waarna hy een van Bruce Springsteen se…

Lees meer

Wanneer klink liedjies op hul beste? Wanneer dit akoesties uitgvoer word, natuurlik! Afri-Koeties is ’n versamelings album met akoestiese treffers deur kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Arno Carstens, Refentse, Kurt Darren, Dozi en vele meer. Afri-Koesties is enig is sy soort en bevat treffers soos Refentse se weergawe van Karen Zoid en Francois van Coke se Toe Vind Ek Jou en vele meer. Een gelukkige persoon staan die kans om met ’n getekende kitaar weg te stap. Dié kitaar bevat handtekeninge van elk van die kunstenaars op die album. Al wat jy moet doen is om die Afri-Koesties album op…

Lees meer

Die sanger Manie Jackson spog met ’n splinternuwe musiekvideo. Sy nuwe musiekvideo vir die die snit Mooiste Vroue vanaf sy goue-album is vroeg Vrydagoggend bekend gestel. ‘ Manie se splinternuwe album is vroeër vanjaar vrygestel en spog met negentien kookwater treffers en immergroen herinneringe met van die land se top kunstenaars. Manie was ook deel van die Krone 3 konsert wat in Augustus vanjaar in Johannesburg aangebied is. Kyk gerus na die video hier:

Lees meer

Het jy nog altyd daarvan gedroom om te dans in Afrikaans? Wel jou droom het pas waar geword mits jy in Port Elizabeth, Jeffreysbaai of Hartenbos is dié Desember. Die gewildste uithangplek, Weiveld vat die pad vir ’n roadtrip. Die sanger Jay gaan van sy grootste treffers sing, waarna DJ Wesley die lekkerste dansbaan treffers gaan speel. Dié toer is slegs in drie plekke en vir slegs een aand. 20 Desember skop die toer in Port Elizabeth af en inwoners kan uitsien na die partytjie by Open Sky. Kaartjies beloop R120 vir die geleentheid. Daarna stop die toer in Jeffreysbaai…

Lees meer