Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

chatNOU! nooi jou om weeksaande saam TV te maak

Fanie Nel24 Oktober 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

In die 21ste eeu besluit jy wat jy waar en hoe wil sien en hoor. Dis wat digitale burgerskap beteken. Hoekom dan nie ook van waar ook al jy is regstreeks saamgesels in ’n nuwe versoek-, musiek- en leefstylprogram, wat nie net vir jou gemaak is nie, maar wat jy help maak?

Met chatNOU! kan jy jouself op TV sien – elke Maandag tot Vrydag van 16:00 tot 18:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146). Dis ’n opwindende twee-uur-lange regstreekse uitsending met aanbieders en kykers wat direk en interaktief met mekaar chat. Dit beteken jy kan:

• inskakel en jou gunsteling musiekvideo opdra aan daardie spesiale persoon,
• jou eie sosiale media-boodskappe op die skerm sien en,
• sélf ’n onderhoud met bekendes voer.

Die vier aanbieders is die voormalige NRG-sanger Stephan van Huyssteen, beter bekend as “Stephantasties”, die blogger-aktrise Ansu Visser, Jacaranda FM-omroeper Carla MacKenzie en die sanger-akteur Willem Botha.

CARLA MACKENZIE. Foto: kykNET
ANSU VISSER. Foto: kykNET
Willem as aanbieder van chatNOU
STEPHAN VAN HUYSSTEEN. Foto: kykNET

In die geselskap van hierdie sprankelende aanbieders bied chatNOU! ’n platform vir kykers om hul menings oor onderwerpe via sosiale media met ons en die ander kykers te deel. Dié program sal ook insiggewende onderwerpe bekendstel waaroor kykers gesprekke met mekaar kan aanknoop.

Van die leefstylonderwerpe wat gereeld aangeraak sal word sluit onder meer flieks, musiek, mode, kos, gaming, tegnologie, vermaak, nuwe tendense, teater, ontwerp, boeke, reis en D.I.Y. in – en natuurlik ook sosiale media. Die aanbieders sal daagliks interaktief met kykers oor dinge soos dié gesels.

Deur die loop van elke program sal plaaslike en internasionale musiekvideo’s gespeel word. Daar sal ook erkenbare gesigte van regoor die mediabedryf wees wat via sosiale media met die kykers gesels, vrae beantwoord en ons vertel wat hulle tans opgewonde maak, waarmee hulle besig is en hul menings lig oor verskeie relevante temas.

Kyker word dus uitgenooi om elke weeksaand ’n gas op ’n waarlik interaktiewe geselsprogram te wees.

Kom chatNOU! op kykNET NOU! – nie later nie as NOU! nie.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.