Die gewilde kuierplek in Pretoria, Weiveld, het sy eie temaliedjie. Weiveld vertolk deur die sanger Dirk van der Westhuizen is spesiaal vir die kuierplek geskryf. Hul leuse, waar dans en Afrikaans groot is word hiermee uitgebeeld. Dié liedjie sal eksklusief op Weiveld Tunes beskikbaar wees. Die kompelasie album bevat van die warmste treffers wat hier gespeel is. GOEIE NUUS:Soos belowe het … hier is dit. Weiveld Tunes,wat eksklusief die Weiveld “Theme Song” van @Dirkvdw insluit,binnekort beskikbaar pic.twitter.com/Ke8vIWPJSY — Weiveld (@Weiveld) October 3, 2016 Intussen kan diegene wat nie meer kan wag nie, luister na ’n voorsmakie van die liedjie. Luister…
Skrywer: Fanie Nel
Die Bokkie-toekennings is Sondagmiddag, 2 Oktober tydens ’n spoggeleentheid oorhandig. Van musiek- tot sportsterre is vereer tydens die seremonie. Hier volg die volledige lys van wenners. Loer gerus ook na hoogtepunte van die seremonie. NUWELING VAN DIE JAAR Nagligte SANGER VAN DIE JAAR Snotkop LIEDJIE VAN DIE JAAR – AFRIKAANS Ontwaak – Arno Carstens ALBUM VAN DIE JAAR Sal Jy Met My Dans – Kurt Darren GROEP VAN DIE JAAR Nagligte SANGERES VAN DIE JAAR Leah LIEDJIE VAN DIE JAAR – ENGELS Out Of Here – The Vanilla MUSIEKVIDEO VAN DIE JAAR The Tide – Elvis Blue JUNIOR SPORTSTER VAN…
Die gewilde radiostasie, OFM, het vandag weer hul jaarlikse aanlyn toekennings aangebied. Dié toekennings word op lug oorhandig en daar word selfs lekker gekuier in die studio. Monark het vanjaar musiek gemaak tydens die geleentheid. Hier volg die wenners: Beste Manlike Kunstenaar (Plaaslik) A photo posted by OFM9497 (@ofm9497) on Sep 29, 2016 at 3:33am PDT Beste Vroulike Kunstenaar (Plaaslik) A photo posted by OFM9497 (@ofm9497) on Sep 29, 2016 at 3:49am PDT Beste Groep (Plaaslik) A photo posted by OFM9497 (@ofm9497) on Sep 29, 2016 at 4:14am PDT Album Van Die Jaar(Plaaslik) A photo posted by OFM9497 (@ofm9497) on…
Die bekende sangeres, Charlize Berg en haar kêrel, Warren Linden gaan eersdaags die knoop deurhaak. Sy het dié goeie nuus spesiaal met ons gedeel. Linden het dié Braaf-sangeres die ja-woord gevra op 16 September. Charlize het vroeër vanjaar haar splinternuwe album, As Jy Weet Dis Liefde, bekend gestel. “Die album is geïnspireer deur liefde. Om jouself op te tel na hartbreek of om by ’n punt te kom in jou lewe waar liefde jou altyd sal inspireer om onvoorwaardelik jouself te kan wees.” vertel sy oor die album. Baie geluk Charlize!
Die gewilde sangeres Andriëtte Moolman en haar man, Glynn, het in Julie bekend gemaakhulle gaan vir die eerste keer saam ouers word. En nou het dié Sewe Oseane-sangeres verklap hul eersteling is ’n seuntjie! Andriëtte het die blye nuus Maandag op sosiale media gedeel met die woorde “Ons het ’n klein boetie op pad. Xxx” en ’n sonar-foto met die woord “Seun!!” daaroor in blou skrif. Haar man, Glynn, het reeds ’n kleuterseun uit ’n vorige verhouding. Die Kaapse paartjie is in 2015 getroud. “Baie opgewonde om met julle te deel. Ons gaan ’n klein Moolmantjie hê,” het sy in…
M-Net het pas bevestig dat ’n tweede seisoen op pad is van The Voice SA – boonop is oudisies vir die tweede seisoen om die draai. Hierdie keer gaan oudiesies ook in Port Elizabeth afgelê word. Die eerste oudiesies word op Woensdag, 12 Oktober in PE gedoen by The Beach Hotel. Daarna kan die Kaapenaars reg maak vir oudiesies op Saterdag, 15 Oktober en Sondag, 16 Oktober by Belmont Squere in Rondeboch. Woensdag, 19 Oktober kan Durbaniete hul stemme opwarm vir oudiesies by The Growth Point Kings Park Stadium terwyl die laaste oudiesies in die goud stad Johannesburg afgelê sal…
Inwoners van Polokwane kan eersdaags uitsien na optredes deur Steve Hofmeyr, Snotkop en Juba tydens die eerste Limpopo Toyota Familiefees wat op Vrydag, 23 September en Saterdag, 24 September net buite Polokwane op die Louis Trichardt pad plaasvind. Benewens al die kunstenaars op die verhoog is daar ook verskeie aktiwiteite soos ’n 4×4, biertent, mallemeule, ’n optrede deur Ronnie die Renoster en vele meer. Kaartjies vir dié fees beloop R50 vir die Vrydag en R100 vir die Saterdag. Kinders onder 1.2m kry gratis toegang. Steve Hofmeyr se vertoning beloop R500 per persoon en en sluit ’n ete en wyn in…
Die gewilde sangeres, Karlien van Jaarsveld, is weer verloof. Die keer aan haar kêrel, Joe Breytenbach. Netwerk24 het vroeër vanjaar berig dat dié twee ’n paartjie is nadat hulle gekiek is by die SAMA-toekennings. Joe het dié foto’s van hom en Karlien op Instagram gedeel. Die eerste foto was by die onlangse SAMA’s. En die tweede het hy 19 weke gelede gedeel met die onderskrif … “So there’s this girl…” @thesamas_ A photo posted by Joe Breytenbach (@joebreytenbach_13) on Jun 4, 2016 at 1:57pm PDT So there’s this girl 😜😍 A photo posted by Joe Breytenbach (@joebreytenbach_13) on Jan 30,…
Weiveld is sekerlik een van Pretoria se gewildste kuierplekke as jy opsoek is na lekker Afrikaanse musiek en as jy lus is vir dans. In die komende vier weke gaan dié kuierplek sorg vir hope vermaak met hul gróót vyf. Dis reeds ’n jaar terug dat die gewilde sangeres, Karlien van Jaarsveld en haar dansmaat, Devon Snell met die Strictly Come Dancing trofee weggestap het en om dit behoorlik te vier is daar ’n groot opskop op Vrydag, 16 September. Martin Bester doen die voorvertoning. Klik hier om kaartjie te koop. Saterdag, 17 September stel die groep, ADAM, hul splinternuwe…
Jy sal vergewe word as jy die naam Georic Lomas hoor en vra: Wie’s dit? Maar glo ons, binnekort gaan jy heel uit voel as jy nie kan saampraat oor hierdie nuwe stem op die Afrikaanse musiektoneel nie. Georic Lomas is die eerste keer raakgesien toe hy die rol van Morné in die musiekprent As Jy Sing vertolk het. Sedertdien het hy stil-stil begin werk aan sy debuutalbum, Silhouette, en tans is hy besig met afrondingswerk voor die vrystellingsdatum bekendgemaak word. Sy musiek word deur mense wat weet beskryf as popmusiek op sy beste en die liedjies wat op die…