Skrywer: Fanie Nel

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

Toe die beeldskone Afrikaanse popsangeres Suzanne haar sewende album,Vuurbestand, onder haar eie onafhanklike platemaatskappy, Goldstar Music, aan die einde van verlede jaar uitgereik het, sou sy nie kon droom hoe suksesvol dit sou wees nie.  Dié album het goue status bereik, is benoem vir ’n SAMA-toekenning en haar enkelsnitte word op talle radiostasies gespeel. Nie elke kunstenaar kan spog met ’n musiekvideo vir elke enkelsnit nie. Tot dusver het Suzanne musiekvideos vir elk van haar enkelsnitte; Vuurbestand, Belofte, Liefde is Alles en Die Lied in my Hart vanaf haar hoogs aangeskrewe album, Vuurbestand. Suzanne doen nou só voort met haar…

Lees meer

ADAM (Hugo Ludik, Kyle Grant en Reynardt Hugo) se vierdie Afrikaanse album getiteld, Hoogtevrees, is vroeër vanjaar uitgereik.  Dié titelsnit van die album is tans nommer een op verskeie radiostasies se trefferparades met die musiekvideo van Hoogtevrees wat raak aan die nommer een posissie op die kykNET Top 20 en spog met meer as 97 000 trefslae op YouTube. Die manne is egter terug met hul splinternuwe enkelsnit, Vergifnis en almal is dit eens dat hierdie ’n baie groot treffer vir de gewilde groep gaan wees!  Die musiekvideo sal ook later vandeesmaand uitgereik word. Klik hier om Hoogtevrees op…

Lees meer

Hailey Clark se gunstelingaanhaling oor musiek is: “Musiek is nie wat ek doen nie, dis wie ek is”, en dit is beslis ’n raak beskrywing van hierdie vriendelike blondekop popsanger wat onlangs haar eerste amptelike album, Hailey Clark (in samewerking met Son Records), vrygestel het. Die eerste Engelse enkelsnit, I Should’ve Followed You – ’n duet met Lee Scott – is baie goed deur radiostasies ontvang en het ook reeds ’n draai gaan maak op kykNET se gewilde musiekprogram, JAM. Haar eerste Afrikaanse enkelsnit gaan binnekort speeltyd kry en beloof om die sukses van die vorige een te oortref. Sonet…

Lees meer

Vroeër dié week het Huisgenoot misterieuse foto’s van Bobby van Jaarsveld wat uit ’n polisievoertuig klim en sy suster, Karlien van Jaarsveld, wat besig is met padwerke gedeel. Dié foto’s was ’n aptytwekker vir iets baie besonders: Hulle eie werklikheidsreeks wat op 11 Januarie 2017 op VIA (DStv kanaal 147) afskop. Die reeks getiteld Bobby en Karlien in jou skoene neem dié sterre op ’n reis waar hul in ander se skoene is en doodnormale take verrig. Hulle vertel ook meer oor dié reeks in die splinternuwe Huisgenoot wat 17 November op die rakke is. Bobby en Karlien is ook…

Lees meer

Die sanger, Elvis Blue, wat eersdaags op die Afrikaans is Groot verhoog te sien is, se jongste Afrikaanse-album, Erens In Die Middel Van Nêrens het vroeër die week platinum status bereik. Dié album spog ook met die snit, Die Hemel, wat reeds op talle radiostasies as liedjie van die jaar aangewys is. Die album het ook gesorg dat Elvis die meeste Ghoema-nominasies in die geskiedenis van die toekennings geleentheid kry. Elvis het ál sewe toekennings ingepalm vir onder meer; Album van die jaar, Manlike kunstenaar van die jaar, Beste musiek video van die jaar vir Die Hemel, Beste liedjieskrywer, Beste…

Lees meer

Francois van Coke het Donderdagoggend sy splinternuwe musiekvideo eksklusief op die aanlynwebblad, Channel24 vrygestel. Dié video is vir sy jongste enkelsnit, Mensdom, vanaf sy splinternuwe album, Hierdie Is Die Lewe. Hierdie Is Die Lewe tref die winkelrakke op 2 Februarie 2017. “Hierdie Is Die Lewe handel oor die lewe, die goed, die sleg, liefde en haat, die verlede, die toekoms en die hede,” sê Francois. Hierdie album is die voorloper ná die uitreiking van sy suksesvolle en bekroonde debuut-album en kan gesien word as ’n momentopname waar Francois in sy lewe is. Die kenmerkende klanke van die eerste album sal…

Lees meer

Die gewilde Afrikaanse sanger Dillon Lerm (35) het bevestig hy is verloof aan sy meisie van die afgelope drie jaar, Monique Pool, toe hy ná vele probeerslae haar op haar verjaardag vra om te trou. Die paartjie het twee weke gelede verloof geraak en is eindelik gereed om hul geluk met die res van ons te deel. Dillon het meer as een keer Monique (25) probeer vra om te trou en dit was eers met die derde probeerslag dat dinge volgens plan verloop het, vertel hy. Dillon het ’n vryval-kursus in Pretoria vir hulle beplan om die dag af te…

Lees meer

Talitha van Zyl (14) van Vredendal in die Wes-Kaap is die jongste sangsensasie nadat sy die Daisy Zing-sangkompetisie tydens die Madeliefie Makietie gewen het. Talitha sing al vandat sy drie jaar oud is. “As mens jou bes probeer kan jy jou doelwit bereik,” het sy onlangs in ’n onderhoud gesê. Haar prys het onder meer ’n CD-opname met ses liedjies deur die sangpaar Wynand en Cheree en ’n digital-pakket van Lumico ingesluit. Sy het tydens die fees ook saam met die sanger, Refentse opgetree. Benewens haar optrede saam met Refentse het sy ook opgetree saam met die groep Dobbelsteun by die…

Lees meer

Die rocklegende, Francois van Coke, wat vroeër vandeesweek pa geword het, het die album omslag van sy splinternuwe album, Hierdie Is Die Lewe, met die aanlynwebwerf, Channel24 gedeel. Dié album sal later vandeesmaand die winkelrakke tref. Aanhangers kan ook solank gereed maak vir sy splinternuwe musiekvideo, Mensdom, wat môre, 10 November vrygestel gaan word. Channel24 het aanhangers getrakteer met so paar agter-die-skerms foto’s.

Lees meer

Die feesseisoen is om die draai en Jacaranda FM en SPAR se jaarlikse Carols by Candlelight is terug. Dié konsert word Donderdag, 1 Desember vir die eerste keer by Loftus Versveld in Pretoria aangebied. Die hekke open om 16:00 en die vertoning begin om 19:00 en sal 21:00 eindig. Kunstenaars soos Lloyd Cele, Kurt Darren, Elvis Blue, Swing City, Charlize Berg en die Soweto Gospel Koor sal konsertgangers vermaak met die voorste Kersliedere. Toegang is gratis, alhoewel konsertgangers ’n speelding of twee vir minderbevooregte kinders moet saambring. Op Saterdag, 3 Desember word dié vertoning in Johannesburg aangebied by die Bidvest…

Lees meer