Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Die Cederberg Rooibos Kunstefees lewer uitstekende produksies op
Feeste

Die Cederberg Rooibos Kunstefees lewer uitstekende produksies op

Fanie Nel27 Oktober 2016
Die nar deel balonne uit
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Cederberg Rooibos Kunstefees, wat die afgelope naweek op Clanwilliam plaasgevind het, het feesgangers behoorlik bederf met ’n verskeidenheid toneelstukke, musiekproduksies, praatjies, etes en musiek deur top Suid-Afrikaanse kunstenaars in die Kuiertuin.

Die feesprogram het op Donderdag, 20 Oktober afgeskop met die 150-jaarviering van die Anglikaanse Kerk by die Clanwilliam Museum. Die aanbieder, Stephnie Murray, het die gehoor op ’n reis terug in tyd geneem met haar oudiovisuele vertoning wat sy by die geleentheid aangebied het.

Volgende op die program was die opening van die Cederberg-kunsuitstalling by die Kunshuis, met Dr Ernst van der Walt wat as openingspreker opgetree het en ook sy boek Teen die Stormwinde bespreek het. Ulric Roberts, of te wel Namasun, se uitstalling getiteld Oorsprong van Wysheid het die verhaal van ons land se oudste inwoners, die Khoisan, vertel.

’n Produksie wat ontstaan het uit Clanwilliam se eie mense en wat handel oor alles wat ons drome steel, getiteld Die Droomstelers, het die eerste dag van die fees op ’n hoogtepunt afgeskop. Die saal waarin die produksie plaasgevind het was stampvol, veral met die trotse inwoners van Clanwilliam wat hul mede-inwoners kom ondersteun het. Ander produksies wat deur die loop van die fees aangebied is, sluit in die gewilde My Briljante Egskeiding, Die Song Wil My Nie Los Nie, Mamre en Amper, Vrystaat.

Nog ’n hoogtepunt op die program was die Rooibos Damesoggendtee by Ndedema Lodge met bobaas-koeksisterbakker Retha Skein en fynbakker Martjie Malan wat as gassprekers opgetree het. Retha Skein, ’n gebore Clanwilliamer het vreeslik lekker gesels oor haar reis met koeksisters, terwyl die naaswenner van kykNET Koekedoor 1, Martjie Malan, gesels het oor die verskil tussen Koeksisters, Koesisters en Bollas. Sy het natuurlik ook ’n paar melktertgeheime verklap.

Heerlike kos deur Sjef. Nic. Foto: Verskaf
Dobbelsteun. Foto: Verskaf

Op Vrydag, 21 Oktober en Saterdag, 22 Oktober was daar ook musiek deur top Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Nic Stevens, Die Wildberries en Ray Dylan. Die gewilde Vredendal-rockers, Dobbelsteun, was ongetwyveld een van die hoogtepunte op die program en het die gehoor behoorlik aan die sing en dans gehad.

Die laaste item op die feesprogram was ’n Leipoldt en Rooibos geïnspireerde Sondagmiddagete aangebied deur die gewilde kykNET Kokkedoor-beoordelaar, Sjef Nic van Wyk, by die Reinhold’s Restaurant op Clanwilliam. Feesgangers wat die geleentheid bygewoon het was behoorlik in vervoering met die heerlike kos en die nagereg wat bestaan het uit vanielje-, bloubessie- en Turkse-lekker gebakte rooibosvla, met karmelfrummels en vars frambose. Bedien met Cederberg Wyne se Method Cup Classique 2011.

Roosterkoeke word voorberei. Foto: Verskaf
Nic Stevens in aksie. Foto: Verskaf

Besoek gerus die Cederberg Rooibos Kunstefees se webblad by www.cederbergfees.co.za en gaan kyk ook na die Facebook-blad, Twitter-blad, en Instagram.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.