Die gewilde sanger, Bobby van Jaarsveld, is onlangs opgeneem in die hospitaal vir ’n stem-operasie. Bobby het verlede jaar gesê die baie singery plaas stremming op sy stembande.
Bobby het grapend op sy Instagram-profiel geskryf: “Operasie …. sukses ✔ Onder narkose het ek blykbaar gevra of ek kan braai. Ek hou van braai. Baie. Dalk te veel.”
Hy het vroeër vanjaar ook aan SARIE gesê dat hy nog nie besluit of hy wel ’n operasie sal ondergaan om die poliepe te laat verwyder nie. Hy wou eers tydens die feestyd rus en kyk of die probleem nie dalk vanself regkom nie.
Bobby was in Februarie vanjaar ook in die hospitaal vir sy stembande.
A photo posted by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on