Sy is die nuutste naam op almal se lippe. Steffie le Roux, wat later vandeesmaand in Australië optree, se nuwe musiekvideo vir die liedjie Marmer Oë is bekendgestel. Kyk die video hier:
Skrywer: Fanie Nel
Dis die stoutste musiekvideo van die jaar. Snotkop se nuwe musiekvideo vir sy treffer Hoe Lykit is vrygestel. Snotkop het vroeër vandeesmaand met die Bokkie-toekenning vir Sanger Van Die Jaar weggestap. Kyk gerus na die video hier:
Aanhangers van die sanger Adam Tas meen die sanger het ’n unieke manier om hartslirieke en musiek tot iets te verweef wat die luisteraar aangryp en direk tot die siel spreek. Sy jongste album, Patatas en Pyptabak, is geen uitsondering nie. Só lyk Adam Tas se splinternuwe album Die album bestaan uit 13 snitte wat in tipies Adam Tas-styl stories van mense, liefde, vriendskap, verlies, lewensreise, eenheid en hoop vertel met ’n duidelik patriotiese en onbeskaamd-geestelike ondertoon. Luister gerus uit vir snitte soos Melken-heuning-vrou, Die laaste kitaar op aarde, Afrikagrond, My moeder is ’n taal en Manna vir die…
Stephan Visagie se gunstelingaanhaling oor musiek is: “Wanneer jy gelukkig is, geniet jy musiek. Wanneer jy hartseer is, verstaan jy die lirieke,” en sy eie musiek is ’n perfekte opsomming hiervan. Hierdie talentvolle kunstenaar het al verskeie liedjies op sy skrywerskerfstok, wat jou op reis vat deur ritmiese dansmusiek en nostalgiese hartsmusiek, en hy werk hard aan ’n splinternuwe album, wat luisteraars se stoutste verwagtinge gaan oortref. Dié veertigjarige sanger se debuutalbum, 4Keeps, is in 2013 deur Vonk Musiek vrygestel – net nadat hy ’n plek as Top 10-finalis in die ATKV Liedjieskryfkompetisie behaal het. Dit is goed deur die…
Die Ghoema 2016-wenner vir Beste Manlike Kunstenaar, Joe Foster, spog met ’n splinternuwe musiekvideo vir sy treffer, In Die Reën Vir Jou. Simoné Nortmann, wat later vanjaar in die fliek Vir die Voëls, te sien sal wees speel ook in die musiekvideo. Dit is Joe se jongste enkelsnit wat op sy album Hartklank is. Joe Foster sterk aan ná noodoperasie Kyk die musiekvideo hier: https://www.youtube.com/watch?v=KKOK5HNjm8s
Die sanger, Kurt Darren en sy vrou Dunay, het ouers geword van ’n baba seuntjie. Kurt het die goeie nuus op sy Facebook-blad gedeel. “Baie trots op my brawe vrou, pragtige babaseun gebore vanoggend om 08:10, 3,58kg en 51 lank, so geseënd!!” het hy geskryf. Die sanger het eksklusief aan Huisgenoot verklap dat hul seun se naam, Kade is. Nes ousus Kyrah, wie se Bybelse naam “edele dame” beteken, het Kade se naam ook ’n betekenis. Kurt sê dat Kade “ware vriend en maat” beteken. “Ek is verskriklik opgewonde oor hierdie laaitie,” sê Kurt verder. Kurt en Dunay is ook die trotse ouers van Kyrah,…
Die gewilde The Voice SA-ster, Gavin Edwards het vanoggend pa geword. Hy het die goeie nuus op sy Twitter-profiel gedeel. Cody Alvan Edwards is vanoggend net ná 03:00 gebore. Nóg ’n seisoen van The Voice SA op pad Hey everyone, Someone would like to say Hello to you all 👶. His name is Cody Alvan Edwards , born this morning at 3am. Hi World !! pic.twitter.com/xg4NGOU2io — GavinEdwards-VoiceSA (@GavinEdwards_) October 4, 2016 Dit is Gavin en sy vrou Bianca se eersteling. Gavin het onlangs sy eerste enkelsnit, Sparks, vrygestel. Baie geluk julle!
Inskrywings vir die jaarlikse Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings het geopen en jy word uitgenooi om jou inskrywing(s) te maak! Klik op die skakels hieronder om die nodige vorms af te laai: Ghoema 2017 Amptelike Kriteria, Reëls en Regulasies Ghoema 2017 Inskrywingsvorm Neem kennis van die volgende: – Elke verteenwoordiger en kunstenaar moet hulself deeglik vergewis van die inhoud van die Amptelike Kriteria en Regulasies-dokument, soos opgetrek en saamgestel deur die Bestuurskomitee, voordat inskrywings gemaak word. – Die inskrywingsvorm het twee bladsye: Die fisiese inskrywingsvorm sowel as ’n voorbeeld van hoe inskrywings gemaak moet word. Inskrywings moet duidelik gemerk word en as…
Die Matzikama was die naweek in rep en roer met die Madeliefie Makietie waar feesgangers nie net bederf is deur van ons land se grootste kunstenaars nie, maar ook net lekker kon saam kuier en die beste wyn, bier en kosse uit die streek kon geniet. Die fees het afgeskop met die immergewilde Mej. Madeliefie-kompetisie, met Snotkop as gaskunstenaar. Vrydag-oggend was daar pret en kompetisies by die Agri-Werkersdag en Vrydagaand het kunstenaars soos Wynand en Chereé, Hendrik Spangenberg, Refentse, Theuns Jordaan, Ricus Nel en Liza Brönner die verhoog behoorlik aan die brand gesing. Draadloos: Hendrik Spangenberg gesels oor digitale-album Saterdag…
Die Cederberg Rooibos Kunstefees, wat einde Oktober op Clanwilliam plaasvind spog vanjaar met ’n verskeidenheid toneelstukke, kunsuitstallings, musiekproduksies, praatjies en gesellige kuiers met heerlike kos, wyn en egte Clanwilliam-gasvryheid. Daar is werklik iets vir elke feesganger by die fees wat vanjaar vanaf Donderdag, 20 Oktober tot Sondag, 23 Oktober op Clanwilliam in die Wes-Kaap plaasvind. “Met die fokus spesifiek op die kunste sal toneelstukke soos Die Droomstelers, ’n produksie wat ontstaan het uit Clanwilliam se eie mense en wat handel oor alles wat ons drome steel, beslis die gehoor se hartsnare roer,” vertel Alicia Erasmus, organiseerder van die ComNet groep.…