Nagligte reik nuwe musiekvideo uit

Die rockgroep, Nagligte, se splinternuwe enkelsnit, Vir Nou is onlangs uitgereik en kort op die hakke volg die musiekvideo van die snit.

Die musiekvideo is op 11 September 2016 geskiet deur Michael Ellis in Brackenfell in Crossfit Okovango Kraaifontein en Durbanville met die talentvolle Inus Smuts as regisseur.

Dit fokus op ’n lewendige en ennergieke vertoning deur Nagligte.  Die video vertel die verhaal van ’n middeljarige werkende man, gespeel deur Francois Coertze, se sieldodende roetine en gejaag na geld, wat hom nêrens bring nie.  Dit sluit ook aan by die boodskap van Vir Nou – om uit te breek uit die dodelike roetine van opstaan, werk, skuld betaal en slaap en om eerder jou passie te volg.

Nagligte bestaan uit Jacobus ‘Roof’ Brink (voorsanger, kitaar en klavier), Wynand Jonker (kitaar) en Daniël ‘Eddie’ Brink (dromme) en hulle debuut-album, Hoop in die Donker, het verlede jaar die rakke getref.
Bly ophoogte van hul loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.