Daar was geen twyfel dat Henrico Coetzer (23) die één is wat sy nuwe liedjie, Soos Reën moet sing nie. Só het die bekroonde sanger, Joshua Na Die Reën, gedink toe hy die nuweling van Pretoria die eerste keer hoor sing. Henrico het nie gras onder sy voete laat groei nie en dadellik ingestem. ‘n Paar weke later was hy in die opname ateljee en vandag word die nuwe treffer amptelik vrygestel. “Dis ‘n voorreg as iemand met ‘n mooi stem ‘n liedjie wil sing wat ek geskryf het. Henrico is iemand wat baie kan toevoeg tot die Afrikaanse musiek…
Skrywer: Fanie Nel
Neil Somers se splinternuwe musiekvideo, Silwer Kombers, is pas hierdie naweek bekendgestel en is vervaardiger deur Christian Botha van Brickwolf Productions. Die video is geskiet by Brikcwolf se studios in Pretoria waar een van die kamers omskep is in die perfekte agtergrond. Die kwaliteit van die skote is van so aard dat ‘n storielyn nie werklik nodig is nie en fokus op die lirieke omdat dit so kragtig is. Die lied gaan oor iemand wat sterf, maar die video verwys meer na iemand wat aanbeweeg na ‘n “nuwe lewe”. Met sy kenmerkende diep stem word sy album Hierdie Hande as…
Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die wel-bekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen en reik gedurende die week van 16 Mei die duet enkelsnit, Spel van liefde uit.Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor!”. “Spel van liefde gaan presies oor dit wat die woorde…
Jennifer Zamudio se 11de album sal in Junie 2016 op die rakke wees. Die titelsnit van die gelyknamige album Ongelooflik is Jennifer se tweede projek in noue samewerking met Palmer Global Ink in Nashville, Tennesse VSA.