ADAM stel nuwe enkelsnit vry

ADAM (Hugo Ludik, Kyle Grant en Reynardt Hugo) se vierdie Afrikaanse album getiteld, Hoogtevrees, is vroeër vanjaar uitgereik.  Dié titelsnit van die album is tans nommer een op verskeie radiostasies se trefferparades met die musiekvideo van Hoogtevrees wat raak aan die nommer een posissie op die kykNET Top 20 en spog met meer as 97 000 trefslae op YouTube.

 

Die manne is egter terug met hul splinternuwe enkelsnit, Vergifnis en almal is dit eens dat hierdie ’n baie groot treffer vir de gewilde groep gaan wees!  Die musiekvideo sal ook later vandeesmaand uitgereik word.

Klik hier om Hoogtevrees op iTunes te kry.

ADAM is sekerlik een van die mees produktiefste groepe vandag in Suid-Afrika. Ná hul eerste album, Adam, in 2011 verskyn het, het hulle Vir Jou Gemaak( 2012) en daarna Goud (2014) uitgereik. Al drie hierdie albums het goue status bereik.

In 2014 sing hulle die liedjie Sal Oorlog Vir Jou maak in die plaaslike lokettreffer-fliek, Pad Na Jou Hart, wat ’n oornag-sukses vir hulle word. Dit boer nie net op die treffersparades nie, maar ontvang ook ’n Huisgenoot Liedjie van die Jaar-nominasie asook ’n Ghoema-toekenning vir Liedjie van die jaar.

Ander Ghoema musiektoekennings op ADAM se kerfstok sluit in Beste Nuweling (2011) en Groep van die Jaar (2015).

Bly ophoogte van hul doen en late op Facebook en Twitter.