Talitha van Zyl (14) van Vredendal in die Wes-Kaap is die jongste sangsensasie nadat sy die Daisy Zing-sangkompetisie tydens die Madeliefie Makietie gewen het.
Talitha sing al vandat sy drie jaar oud is. “As mens jou bes probeer kan jy jou doelwit bereik,” het sy onlangs in ’n onderhoud gesê.

Haar prys het onder meer ’n CD-opname met ses liedjies deur die sangpaar Wynand en Cheree en ’n digital-pakket van Lumico ingesluit.
Sy het tydens die fees ook saam met die sanger, Refentse opgetree.
Benewens haar optrede saam met Refentse het sy ook opgetree saam met die groep Dobbelsteun by die plaaslike restaurant Thi-Restau in die dorp.
Ná haar oorwining het sy met die sanger, Hendrik Spangenberg gesels.
Bly ophoogte van haar loopbaan deur haar Facebook-blad te like.
