Bobby en Karlien van Jaarsveld kry eie werklikheidsreeks

Vroeër dié week het Huisgenoot misterieuse foto’s van Bobby van Jaarsveld wat uit ’n polisievoertuig klim en sy suster, Karlien van Jaarsveld, wat besig is met padwerke gedeel.

Dié foto’s was ’n aptytwekker vir iets baie besonders: Hulle eie werklikheidsreeks wat op 11 Januarie 2017 op VIA (DStv kanaal 147) afskop.

Die reeks getiteld Bobby en Karlien in jou skoene neem dié sterre op ’n reis waar hul in ander se skoene is en doodnormale take verrig.

Hulle vertel ook meer oor dié reeks in die splinternuwe Huisgenoot wat 17 November op die rakke is.

Bobby en Karlien is ook vanaf die naweek op die Afrikaans is Groot verhoog te sien.

Kyk die lokprent hier: