Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Hailey Clark: ’n Vars briesie vir Afrikaanse popmusiek
Nuus

Hailey Clark: ’n Vars briesie vir Afrikaanse popmusiek

Fanie Nel10 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Hailey Clark se gunstelingaanhaling oor musiek is: “Musiek is nie wat ek doen nie, dis wie ek is”, en dit is beslis ’n raak beskrywing van hierdie vriendelike blondekop popsanger wat onlangs haar eerste amptelike album, Hailey Clark (in samewerking met Son Records), vrygestel het.

hailey-clark-deurmekaar-sc
Foto: Verskaf

Die eerste Engelse enkelsnit, I Should’ve Followed You – ’n duet met Lee Scott – is baie goed deur radiostasies ontvang en het ook reeds ’n draai gaan maak op kykNET se gewilde musiekprogram, JAM. Haar eerste Afrikaanse enkelsnit gaan binnekort speeltyd kry en beloof om die sukses van die vorige een te oortref.

Sonet Angelique du Plessis, beter bekend as Hailey Clark, se musiekavontuur het begin toe sy maar vyf jaar oud was. ’n Musiekskool is in haar tuisdorp (Christiana) geopen en sy en haar sussie was dadelik vuur en vlam om musiekles te neem. Híér het haar passie vir musiek ontstaan en kort daarna het sy begin deelneem aan kompetisies waaronder Supersterre, Solis vir Christus, Spontaan en die Afri-Visie Liedjieskryfkompetisie, kerkoptredes, funksies en feeste soos die KKNK. Sy het ook dans- en kitaarlesse geneem en haarself verder in musiek bekwaam deur haar Graad 5-klaviermusiekeksamen in Musiekteorie en –prakties deur Unisa te voltooi. Sonder dat jy weet, Net ek en jyen Ek soek jou my baby, snitte wat sy in haar privaathoedanigheid opgeneem het, het baie goeie terugvoer gekry op die internet en is ook al oor die radio gehoor.

Haar debuutalbum kan hoofsaaklik beskryf word as Afrikaanse pop, met ’n elektroniese aanslag en verskil nogal baie van die rustige musiek wat sy in die verlede gesing het.

“Die hoofdoel van die album is dat luisteraars moet pret hê wanneer hulle daarna luister. Daar is wel ’n paar dieper liedjies, maar niks te ernstig nie,” verklap Hailey entoesiasties. “Al die liedjies is nuut, vars en op internasionale standaard en was ’n spanpoging tussen my, Douw Steyn, Herman Steyn en William de Bruin van Son Records. Daar is ook twee Engelse duette, met ’n akoestiese rock-aanslag, saam met Dehan von Solms en Lee Scott.”

Die CD bestaan uit twaalf snitte, wat spesiaal omskep is om haar strelende stem, op sy beste te laat vertoon. Die produksiespan wou graag musiek kies waarmee aanhangers kon identifiseer en Hailey glo dat Deurmekaar, Stop die Tyd, Myne Maar Hy’s Mal, As die Merkies Blou Gaan, Stay en Tien uit Tien baie gewild gaan wees.

Buiten vir die ongelooflike skrywers en kunstenaars saam met wie sy aan haar album gewerk het, het Hailey ook die afgelope twee jaar heelwat voorvertonings gedoen vir van die grootste kunstenaar in die land, waaronder Steve Hofmeyr, Adam, Joe Foster, Jan Rhaap, Anton Botha en vele meer, asook Suid-Afrika plat gereis en baie mense ontmoet.

As jy haar vra wie in die bedryf haar inspireer, sê sy: “Ek hou van enige tipe musiek, van country, gospel en blues, tot pop, rock, klassieke musiek en ’n groot verskeidenheid Afrikaanse musiek wat Juanita du Plessis, Andriëtte, Anna Davel, Jan Blohm, Spoegwolf, Bouwer Bosch en Elvis Blue insluit.”

Kyk na haar jongste musiekvideo, Deurmekaar hier:

Sy het ook baie respek vir internasionale musiekvervaardigers soos Max Martin en Zedd, omdat hulle al met van die wêreld se voorste popkunstenaars gewerk het en haar nuwe album juis hiermee identifiseer. Sy sou ook graag ’n liedjie wou opneem saam met Brendan Peyper, saam met wie sy opgetree het toe hulle nog op skool was.

Wanneer sy nie besig is om harte te verower op die verhoog nie, studeer sy drama op Kovsies in Bloemfontein en sy erken dat, as sy nie ’n sanger was nie, sy steeds op ’n manier in die vermaaklikheidsbedryf sou wou werk – hetsy as akteur of grimeerkunstenaar.

“My droom is om aan te hou doen waarvoor ek lief is en te groei in my loopbaan en ook om my debuut op die grootskerm te maak in ’n Afrikaanse fliek. Ek sou ook regtig nog ’n instrument wou bemeester en wil aanhou om liedjies te skryf. Die mooi en die seer van liefde inspireer my. Om te skryf is ’n manier om my gevoelens en ondervindings te deel. As ek daarmee iemand anders kan help of inspireer, maak dit alles die moeite werd”, sê sy.

Hailey Clark se nuwe CD is ’n versameling van ritmiese genietmusiek, wat sag is op die oor, en jou laat uitsien na ’n lekker kuier of danspartytjie saam met vriende. Haar unieke aanslag en stroopsoet stem is soos ’n vars briesie in ’n genre wat maklik gewoon kan wees. Daar wag voorwaar ’n blink toekoms op hierdie doelgerigte kunstenaar op die verhoog en miskien ook nog op die silwerdoek.

Bly ophoogte van Hailey se loopbaan op sosiale media deur haar Facebook-blad te like of haar op Twitter en Instagram te volg.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.