Só lyk Francois van Coke se nuwe album omslag
Die rocklegende, Francois van Coke, wat vroeër vandeesweek pa geword het, het die album omslag van sy splinternuwe album, Hierdie Is Die Lewe, met die aanlynwebwerf, Channel24 gedeel.
Dié album sal later vandeesmaand die winkelrakke tref.
Aanhangers kan ook solank gereed maak vir sy splinternuwe musiekvideo, Mensdom, wat môre, 10 November vrygestel gaan word. Channel24 het aanhangers getrakteer met so paar agter-die-skerms foto’s.