Skrywer: Fanie Nel

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

Die sanggroep, DZL, het pas hulle nuwe musiekvideo bekendgestel, net betyds vir die vakansieseisoen wat eersdaags aanbreek. Die video, Ek Laaik Dit bring ’n titsel somer na die skerm met die sonskyn, sonbruinlywe en ’n lekker ontspanne atmosfeer wat uitgebeeld word. Ek Laaik Dit is die derde enkelsnit vanaf DZL se debuutalbum met dieselfde titel en die liedjie word al vir ’n tydjie op radiogolwe regoor die land gehoor. Hy is ook besig om die ranglys op verskeie radiostasies se Top 20 trefferparades te klim. “Met die musiekvideo beeld ons weereens so bietjie van ons persoonlikhede uit wat wys dat…

Lees meer

“Die 23ste KKNK bied hope geleenthede om die room van die Suid-Afrikaanse kunste in verskeie genres, dissiplines en vorms te beleef. Vermaak vir oud en jonk word met ’n program propvol drama, humor, musiek, diskoers en vermaak aangebied.” So sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van Saterdag, 8 tot Saterdag, 15 April 2017 vir die 23ste keer op Oudtshoorn aangebied word. Die datums val binne die nasionale skoolvakansie en die fees eindig oor Paasnaweek. Die feesprogram is op Sondag, 27 November by Rhebokskloof Wynlandgoed in die Paarl bekendgestel. David Kramer se hip-hop musiekblyspel Amper Famous, saam met…

Lees meer

ADAM is sekerlik een van die mees produktiefste groepe vandag in Suid-Afrika. Na hul eerste album, Adam, in 2011 verskyn het, het hulle Vir jou gemaak (2012) en daarna Goud (2014) uitgereik. Al drie hierdie albums het goue status bereik. ADAM (Hugo Ludik, Kyle Grant en Reynardt Hugo) se vierdie Afrikaanse album getiteld, Hoogtevrees, is gedurende Augustus 2016 uitgereik.  Dié titelsnit van die album het die nommer een plek op verskeie radiostasies se trefferparades gehaal en die tweede enkelsnit, Vergifnis, wat onlangs uitgereik is, is kort op sy hakke! Kyk die musiekvideo hier:

Lees meer

Die Heuwels Fantasties is terug met ’n splinternuwe nuwe enkelsnit om die einde van 2016 in te wy. Hunter Kennedy sê dat LED Liefde oor verlange gaan. “Tydens die feesseisoen is daar baie mense wat nie by hulle geliefdes kan wees nie.  Moderne tegnologie se kontak is bittersoet.  Alhoewel jy met jou mense wat vêr is kan kontak maak en sien op jou LED skerms, doen dit nie veel vir die heimweë nie.” Hiram Koopman speel saam met Die Heuwels Fantasties op hierdie liedjie. “Hy bring die bons met sy unieke saksofoon spel,” sê Hunter.  Hiram verskyn op ’n paar…

Lees meer

Adam Tas, die nuweling, Jo Black en die gewilde groep ADAM spog met splinternuwe musiekvideos. Ons kan nie help om net te luister en aan te hou luister nie. Hier is die musiekvideos: Adam Tas – Hooglied Jo Black – Skepe ADAM – Vergifnis Laat weet ons op Facebook of Twitter watter video jou gunsteling is.

Lees meer

Die 7de Laan-ster, Hildegardt Whites is nou ook ’n VIA-ster, en na elke episode is daar ’n musiekvideo.   Hildegardt Whites het geen bekendstelling nodig nie. Haar debuut op TV in 7de Laan het haar in duisende Suid-Afrikaners se harte laat inkruip. Hierdie talentvolle aktrise woeker met haar talente, op die verhoog, voor die kamera en nou met haar passie vir musiek. ’n Jaar gelede is besluit om uiteindelik haar eerste album te vervaardig. Dit was die begin van ’n kleurvolle reis, en ’n TV-program Hilde se Hartsklanke! Jy word genooi om dié onthoupad saam te stap, terug na haar…

Lees meer

Die Multiply Titans sal binnekort hulle seges vier met ’n splinternuwe temalied en ’n prettige Titans-wikkeldans of ‘shake’, op die maat van die tonekrul-treffer – Shake It – deur die gewilde sanggroep, RymStoff. RymStoff (Christoff de Beer en Raymond Ray) het dié spesiale Titans-lied geskryf en opgeneem om die emosionele band tussen die Titans-handelsmerk en lojale ondersteuners te versterk. Dit sal vir die eerste keer opgevoer word tydens die T20-wedstryd tussen die Titans en die Cobras by SuperSport Park op 25 November 2016. Beide kunstenaars het jare se ondervinding in die vermaakbedryf. Christoff (26), wat aan Hoërskool Montana gematrikuleer en…

Lees meer

Sy het reeds haar eie stempel op die Suid-Afrikaanse musieklandskap gemaak, en haar goue status is ’n bewys daarvan. Franja du Plessis, die dogter van die immergewilde, Juanita du Plessis se debuut-album het vroeër vanjaar die winkelrakke getref. Nooit sou sy kon raai dat dié album so weghol sukses sou wees. Franja het haar goue toekenning vanoggend op die GROOT Ontbyt op kykNET ontvang. Sy skryf op haar Facebook-blad: “Soooo baie dankie aan almal wat my album al gekoop het! Julle sal nooit weet hoe baie dit vir my beteken nie!” Ons resensent, Leoné Prinsloo, beskryf Franja se album as…

Lees meer

Jy kan nóú die lekkerste tunes almal op een plek kry. Jy het reg gelees. Groot Tunes is uiteindelik hier en beloof om jou ure se luistergenot te verskaf. Nes die aanlyn musiekwinkel, iTunes, kan jy ook musiek op dié platform koop. Titels soos Bobby van Jaarsveld se My Alles tot Riana Nel se jongste album, Jy Sal Weet is in die winkel beskikbaar. Vir diegene wat internasionale musiek verkies is daar titels soos Justin Bieber se Sorry of Katy Perry se Rise. ’n Liedjie sal jou R9,99 uit die sak jaag terwyl ’n volledige album jou R100 uit die…

Lees meer

Min het die sewejarige Keagan Rossouw geweet wat op hom wag toe hy Vrydag, 18 November in Vanderbijlpark agter die mikrofoon ingeskuif het. Hy begin vol selfvertroue Die Hemel Weet sing. Skielik word ’n ander stem gehoor en Keagan is vir ’n kort oomblik geheel en al verdwaas. Dan sien hy waar dit vandaan kom: sy held in lewende lywe – Manie Jackson! Die oorstelpte Keagan gooi sy armpies om Manie se nek en die twee voltooi die liedjie. En soos ’n wafferse professionele sanger wat hy is, herwin Keagan weer sy balans en sing voort. Die gehoor gaan mal.…

Lees meer