Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

’n Futuristiese nuwe musiekvideo vir Suzanne

Fanie Nel10 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Toe die beeldskone Afrikaanse popsangeres Suzanne haar sewende album,Vuurbestand, onder haar eie onafhanklike platemaatskappy, Goldstar Music, aan die einde van verlede jaar uitgereik het, sou sy nie kon droom hoe suksesvol dit sou wees nie.  Dié album het goue status bereik, is benoem vir ’n SAMA-toekenning en haar enkelsnitte word op talle radiostasies gespeel.

Nie elke kunstenaar kan spog met ’n musiekvideo vir elke enkelsnit nie.

Tot dusver het Suzanne musiekvideos vir elk van haar enkelsnitte; Vuurbestand, Belofte, Liefde is Alles en Die Lied in my Hart vanaf haar hoogs aangeskrewe album, Vuurbestand.

Suzanne doen nou só voort met haar huidige enkelsnit, Vergewe My.

Vergewe My is een van Suzanne se gunsteling liedjies vanaf die album.  Die video is handgemaak met baie liefde en geduld deur haar en haar man, Jacobus Uys.  Dit is nie aldag dat ’n sangeres haar eie musiekvideo redigeer met soveel sukses en kunstigheid nie.

Suzanne is nooit bang om nuwe dinge te probeer nie. Die musiekvideo, met futuristiese en digitale elemente, beeld ’n abstrakte geveg tussen ’n paartjie uit wat sinspeel op ’n emosionele oorlog.  Hierdie geveg bestaan uit gechoreografeerde bewegings wat die wrywing tussen hulle dramaties en met passie uitbeeld.

“Dié oorlog, wat ook in die lirieke met ’n storm vergelyk word, het gesorg vir ’n dramatiese palet van kleure en grafiese elemente. As regisseur was dit ook my eerste produksie waar ander akteurs betrokke was. Dit was ongelooflik lekker om saam met die twee talentvolle jongmense (Karla Jordaan en Christiaan Smith)wat in die video verskyn te kon werk,” vertel Suzanne.

Kyk die video hier:

“Om jammer te sê is een van die moelikste dinge om te doen. Partykeer moet ’n mens jou trots in jou sak steek en bo jou ego uitstyg. Hierdie liedjie het ontstaan toe ek en Jacobus besef het dat ons altwee soms ons hardkoppigheid moet laat staan. Wanneer ons nou koppe stamp sal die een vir die ander sing: verge-e-e-e-we my en dan lag ons saam daaroor.”

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.