Skrywer: Fanie Nel

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

Enige sanger droom daarvan om ’n suksesvolle sangloopbaan te bou. Jo Black is die uitsondering. Want die man het meer as genoeg ervaring in bou. Vir 8 jaar lank was hy in konstruksie – paaie, brûe, skole en huise. Toe begin hy sy eie inisiatief met die naam “Be That Guy” wat kinders regoor die land help bou het aan ’n positiewe ingesteldheid. Nou begin hy bou aan sy sangloopbaan. Die Pretoria-Noord boorling se eerste liedjie met die titel Skepe word op 25 November op iTunes en Apple Music bekendgestel. Boonop lê hy sommer ook ’n sterk fondasie deur die…

Lees meer

Die radio- en TV-persoonlikheid, Martin Bester het pas sy eerste Afrikaanse album, Vir Die Eerste Keer, vrygestell. Klik hier om Martin se nuwe album op iTunes te kry. Hy sê dis ’n droom wat waar geword het alhoewel dít nie sy eerste album is nie. Martin is ook die hoofsanger van die SAMA-genomineerde alternatiewe rock-groep, Kinky Robot. Hulle radio-treffers sluit onder andere in, Hobie Beach en Lover of Life. Hulle het al regoor die land opgetree en selfs oorsee in die bekende Apollo Theatre in Londen. Dié veelsydige sanger, wat ook een van die aanbieders by vanjaar se Afrikaans is…

Lees meer

Die Afrikaanse sanger, Gerhard Steyn, het die mooiste foto’s van sy 7 maande oue baba dogtertjie en vrou gedeel. “Vandag 7 Maande terug het ons klein Prinses geveg vir haar lewe.. maar met gebed en GOD se genade is sy gesond en besig om ons lewens op soveel maniere in te kleur.. n bondeltjie liefde. Wat ‘n voorreg is dit dat die VADER ons as haar ouers gekies het,” het hy op Facebook geskryf. Vroeër vanjaar het Huisgenoot berig dat dié paartjie die eerste vyf weke van hul kind se lewe tussen die hul huis in Boksburg en die hospitaal…

Lees meer

Die Dis Hoe Ons Rol sanger, Jay du Plessis, het weer pa geword. Hul vierde seun, Jamie Ryan du Plessis is gisteraand net ná 21:00 gebore. Die goeie nuus is op CO Productions, Jay se agent, se Facebook-blad bekend gemaak. Mia deel gereeld foto’s op Instagram van haar gesin en het ook tydens haar swangerskap foto’s gedeel.  Ek en baba #4 op ons eerste see vakansie saam❤️❤️❤️ A photo posted by Mia Du Plessis Full (@mia_duplessis) on Aug 27, 2016 at 3:10am PDT Al die mans in my lewe… #luckywomen #blessedmom #womansday 💃 A photo posted by Mia Du Plessis…

Lees meer

As ʼn aand van sprankelende vermaak, ʼn bietjie kabaret, strelende jazz en vrolike A Cappella sang jou aanstaan, moet jy nie Track Five se optrede in die Drostdy Teater op Stellenbosch op 23 November misloop nie. Track Five, beskou as een van die beste sanggroepe in Suid-Afrika, keer terug na dié Bolandse dorp ná die suksesvolle vrystelling van hul vyfde CD, Love You Madly, in April vanjaar. Volgens Track Five se stigter, bariton Gavin Fullard, sal dit die eerste keer wees dat die groep – bestaande uit jarelange lede Fullard, Michelle van Zyl (2de alt) en Arthur Pietersen (bas) asook…

Lees meer

Net soos wat die pragtige kleure en vorms van ’n Kaleidoskoop ’n baie spesiale bekoring inhou, net so het hierdie talentvolle akoestiese musiekgroep – met dieselfde naam – dit reggekry om die afgelope tien jaar die harte van musiekliefhebbers regoor die land te verower. Hierdie Huisgenoot Tempo-bekroonde (Beste Kontemporêre Album 2012) en Ghoema-genomineerde (Nuweling van die Jaar, Beste Kontemporêre Album, Musiekvideo van die Jaar) sang-duo is self verantwoordelik vir elke aspek van hulle musiek en bied aan luisteraars ’n hoendervleismooi akoestiese klank, vermeng met ’n magiese kombinasie van melodieë en instrumente – wat nie net aanklank vind by gehore van…

Lees meer

Pen gerus so paar van dié datums aan en kuier saam jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars. Indien jy ’n optrede of geleentheid in ons dagboek wil plaas kan jy gerus hier klik. Adam Tas is 14 en 15 November by Die Boer in Durbanville. Skakel 021 979 1911 om jou plek te bespreek. Op 14 November neem Bobby van Jaarsveld en so paar ander musikante ‘’n program vir M-Net op. Besoek www.m-net.dstv.com vir meer inligting. Lize Beekman en Jaconel Mouton is 16 November by Die Boer in Durbanville. Skakel 021 979 1911 om jou plek te bespreek. Op 17 November is…

Lees meer

Die Afrikaanse sanger, Kurt Darren en sy vrou Dunay, het ’n pragtige pienk tema partytjie vir hul dogtertjie, Kyrah se tweede verjaardag gehou. Kyrah het Woensdag twee jaar oud geword en die partytjie is gepas vir ’n klein prinsessie. Lees Ook: Kurt Darren word weer pa Kurt het sy Twitter profiel geskryf: “Baie geluk aan ons engelkind Kyrah op haar 2de verjaarsdag vandag, ons is so, so baie lief vir haar!!” Foto’s: Sandri Blom Photography

Lees meer

Hy was alombekend as Stilfontein op die eerste seisoen van The Voice SA. Jy het reg geraai dis die nimlike Almur Marais wat deel was van Karen Zoid se span. Hy het pas sy eerste enkelsnit Sterre Oor Stilfontein uitgereik op die aanlyn musiekwinkel, iTunes. Dié snit met sy gepaste titel beloof om weer heel bo aan die ranglys te pronk. Klik hier om Sterre Oor Stilfontein op iTunes te kry Almur was ook vroeër vandeesmaand op die gewilde kykNET-program, Republiek van Zoid Afrika te sien. Tydens dié program het Karen aan hom ’n kitaar besorg. Ná hul geselsie het…

Lees meer

Die Afrikaans is Groot konsertreeks skop vanaand by die Moreleta Park in Pretoria af. Dis die vyfde keer wat dié konsert aangebied word. Hier is wat jy als móét weet oor die konsert. Watter kunstenaars tree vanjaar op? Juanita du Plessis, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jay, Laurika Rauch, Bok van Blerk, Karen Zoid, Elvis Blue, Riana Nel, Lianie May, Dewald Wasserfall, Corlea, Jannie Moolman, Dozi en Amira. Hoeveel konserte is daar? Daar is 11 konserte. Vrydag, 11 November om 19:30. Saterdag, 12 November om 12:00 en 19:30. Donderdag, 17 November om 19:30. Vrydag, 18 November om…

Lees meer