Nóg ’n platinum album vir Elvis Blue

Die sanger, Elvis Blue, wat eersdaags op die Afrikaans is Groot verhoog te sien is, se jongste Afrikaanse-album, Erens In Die Middel Van Nêrens het vroeër die week platinum status bereik.

Dié album spog ook met die snit, Die Hemel, wat reeds op talle radiostasies as liedjie van die jaar aangewys is.

Die album het ook gesorg dat Elvis die meeste Ghoema-nominasies in die geskiedenis van die toekennings geleentheid kry.

Elvis het ál sewe toekennings ingepalm vir onder meer; Album van die jaar, Manlike kunstenaar van die jaar, Beste musiek video van die jaar vir Die Hemel, Beste liedjieskrywer, Beste kontemporêre album deur ’n manlike kunstenaar en Die Hemel is selfs ook aangewys as Luitoon van die jaar nadat dit meer as 280 000 afgelaai is.

elvis

“Dit is vir my ’n groot eer en as mens jonk is en jy skryf liedjies, dan kan jy net droom van platinum status,” het Elvis aan Jacaranda FM gesê.

Hy bedank ook sy ondersteuners en skryf sy sukses aan hul toe.

“Afrikaanse aanhangers is die beste! Hulle ondersteun mens deur dik en dun. Solank as wat hulle my ondersteun sal ek sing,” vertel Elvis verder.

Hy het ook verklap dat hy reeds werk aan ’n nuwe album.

“Ek kan nog nie veel sê nie maar ek is hard aan die werk aan nuwe materiaal,” het Elvis verklap.