Llewellyn du Plessis van Stars in SA, het telefonies by Fanie aangesluit om oor Julio Iglesias se toer in Suid-Afrika te gesels. Gedurende Oktober 2016, as deel van sy wêreld toer, sal die legendariese Julio Iglesias uiteindelik terugkeer na Suid-Afrika weens gewilde versoek. Meeste aanhangers in Suid-Afrika sal tere herhinneringe hê van ’n aand om dans op Julio Iglesias treffers. Wie sal die langarm en Tango dans op sy mid-tempo platinum treffers of krag-ballades vergeet gedurende ’n troue, fees of daardie spesiale vakansie in Hartenbos of Mosselbaai. Liedjies soos Quiereme Mucho, Hey, Moonlight Lady, Un Canto A Galicia, Por Una…
Skrywer: Fanie Nel
Kan jy onthou waar jy was toe jy die eerste keer Bok van Blerk se De La Rey gehoor het? Kan jy die hoendervleis-gevoel onthou? Dalk ’n traan? Nou het jy die geleentheid om dit als te herleef en deel van geskiedenis te wees by twee eksklusiewe konserte waar Bok al sy grootse treffers vir ’n lewendige opname van sy DVD Van De La Rey Tot Nou gaan sing. Kom en geniet die optrede van die jaar waar Bok sy dansvloer-treffers soos 68 Chevy, Vodka en OJ en Koue Voete en Warm Liefde, gaan sing asook natuurlik die patriotiese treffers…
Aanhangers van The Voice South Africa, mentor, Bobby van Jaarsveld kan eersdaags uitsien na ’n DVD met al sy musiekvideos. Hy het die goeie nuus op sy Facebook-blad gedeel. “Die rede is omdat ek by omtrent elke show navrae kry hiervoor, daarom dat Coleske Artists besluit het die tyd is ryp om dit te doen.” skryf hy. Die DVD sal na verwagting in Julie op die rakke wees. Intussen werk Bobby ook aan ’n Engelse album ná die reuse sukses met die uitreiking van sy eerste Engelse enkelsnit, It’s Always Been You. Dié album sal in Oktober die rakke tref.…
Die langverwagte Classics is Groot, deur die vervaardigers van die Afrikaans is Groot-konsert, is vandeesmaand op die planke. Die konsert beloof om ’n nuwe asemrowende musiekskouspel te wees wat jy nie durf misloop nie. Dié konsert word op 30 Julie vir die eerste keer by die NG kerk Moreletapark se ouditorium in Pretoria gehou. Dis veeltalig, kleurvol en ’n konsert-ondervinding wat van die grootste klassieke-, pop- en rockliedjies op ’n simfoniese-styl na kykers bring. Met ’n uitgesoekte groep kunstenaars op die speellys, wat die Italiaanse hartebreker Patrizio Buanne, die kinderster Amira (wenner van Holland’s Got Talent) en van Suid-Afrika se…
Universal Musiek het Vrydag aangekondig dat hulle aan Gavin Edwards, naaswenner van die eerste reeks van The Voice South Africa, ’n platekontrak aangebied het.
Juanita du Plessis het pas haar nuwe musiekvideo vir die liedjie, Toe Staan Die Wêreld Stil eksklusief op haar Facebook-blad gedeel. Dié video het reeds meer as 4000 kyke.
Charlize Berg se splinternuwe musiekvideo As Jy Weet Dis Liefde is die afgelope naweek bekendgestel. Dié video is gedurende Junie 2016 by Rosemary Hill in Pretoria geskiet en is geïnspireer deur die 1970’s. Die video skep die gevoel van ’n lewendige optrede en sluit ’n tromspeler, baskitaarspeler en akoestiese kitaarspeler in. “Dit was regtig ’n onvergeetlike dag gewees. Dieselfde span wat op my vorige musiekvideo, Braaf, gewerk het, het weereens saamgewerk. Ons werk baie lekker saam. Ek het soos ’n regte blomme-kind gevoel!”, sê Charlize. As Jy Weet Dis Liefde is deur die befaamde liedjieskrywer, Johan Oberholzer geskryf en…
TussenSterre is Suid-Afrika se nuwe, vars Afrikaanse Pop/Rock-groep wat in 2015 gestig is deur Jan-Mattys van Lill, Martin Clifford Earle en SJ van Dyk. TussenSterre se eerlike lirieke, ernergieke musiek en elektriese klanke is bestem om mense van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika aan te raak. Die groep beoog om die Arikaanse mark te revolusioneer met hul unieke skryfstyl en passie om die Afrikaanse taal lewendig te hou. Kyk hier na so klein voorsmakie van hul eerste musiekvideo. “Ons maak nie net musiek nie, ons verduidelik emosies wat mense oor die algemeen mee sukkel om met woorde te sê” vertel hulle.…
Vanjaar het Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees behoorlik uit sy nate gebars. Dié fees is vir die dertiende keer in Mbombela aangebied. Hoogtepunte op die feesprogram was die aand konserte op die Standard Bank-hoofverhoog. ’n Nuwigheid by die fees, was die straat parade wat ’n groot gunsteling onder talle feesgangers was. Benewens die straat parade was daar ook die aand konserte. Die Huisgenoot Afskopkonsert het vir groot opwinding gesorg. Klik hier vir foto’s van die aand. Die kykNET Rockkonsert het rockers na hartelus laat rock en roll. Dis ook hier waar die wenner van die eerste Rock Rumoer kompetisie die kans…
Die legendariese Koos Kombuis het ingestem om te verskyn in Snotkop se musiekvideo vir Cool soos Koos Kombuis. Dié musiekvideo is onlangs op kykNET se Top 20 vrygestel. Dié liedjie gaan oor Jan Alleman wat wens hy was “cooler”. Die musiekvideo is in Johannesburg en Kaapstad verfilm. Snotkop (Francois Henning) droom al sy lewe lank van só ’n ontmoeting, omdat hy ’n groot Koos Kombuis-aanhanger is. “Koos is een van die vriendelikste, coolste en chilled ouens wat ek al ooit ontmoet het. Ek was baie starstruck toe ek hom eers sien, maar nadat ons begin skiet het, het ons lekker…