Skrywer: Fanie Nel

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

Afrikaans se pop koningin, Juanita du Plessis se dogter, Franja stel binnekort haar debuut-album, My Verhaal bekend. Dit lyk of die appel nie vêr van die boom val nie, met Franja du Plessis wat binnekort haar musiek-debuut maak. Die 22-jarige Franja het vinnig gemaklik geraak voor die mikrofoon nadat sy ‘n paar jaar gelede haar debuut op die grootskerm gemaak het. Franja het ook onlangs meer optredes op haar eie begin doen nadat sy vir etlike jare saam met haar broer, Ruan en ma, Juanita op getree het. Die opkomende ster deel ook graag fotos van haar gesin, waaronder tweeling…

Lees meer

Varsity Sports en kykNET snoer kragte saam om ’n nuwe koorkompetisie te loods. Varsity Sing saai vir die eerste keer op kykNET op 14 Julie 2016 uit, met 12 universiteitskore wat vir 13 weke lank teen mekaar gaan meeding om as Suid-Afrika se beste koor gekroon te word. “Varsity Sing gaan Donderdagaande nuwe lewe gee vanaf Julie vanjaar,” sê Francois Pienaar, uitvoerende hoof van ASEM. “TV-gehore gaan deur die beste kore in die land geïnspireer en vermaak word. Verwag ’n kombinasie van tradisionele, kontemporêre en oorspronklike koormusiek tydens ’n indrukwekkende vertoning.” Die eerste vier rondes van Varsity Sing, insluitende die…

Lees meer

Die gewilde musiekprogram Jukebox gaan vanaf Saterdag, 2 Julie 2016, slegs op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) uitgesaai word. kykNET (DStv-kanaal 144)  bring in die plek van Jukebox ’n hele reeks rolprente na die kassie op Saterdagaande om vir kykers ’n keuse van topvermaak oor die twee kanale te gee. Maar hoe gemaak as jy Saterdagaand Jukebox op kykNET NOU! en die fliek op kykNET wil sien? Geen probleem nie, want Jukebox word nou ook Sondae om 14:00 op kykNET NOU! herhaal. Jy hoef dus geen van jou gunstelingvideo’s of die lekker onderhoude met verskeie kunstenaars mis te loop nie – dis…

Lees meer

Bruis rockmusiek in jou are? Dan kan jy nie ’n aand met rock-legendes soos Karen Zoid, Kahn Morbee, Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Black Cat Bones, Dan Patlansky en Albert Frost (Collaboration), Prime Circle misloop nie. Innibos se feestema vir 2016 is Droom Groot en die fees sien uit daarna om ’n splinternuwe rock-groep in Suid-Afrika se droom waar te maak. Die top 2 finaliste van die Rock-Rumoer kompetisie gaan óók optree. Hektoegang: Volwassenes R100, Voorskoolse en Laerskoolkinders GRATIS Geen goue sirkel

Lees meer

Huisgenoot vier 100-jaar en wat ‘n beter manier as ‘n gróót opskop. Die tema van hierdie opwindende konsert pas goed by Innibos se tema vir 2016 Droom Groot. Van Suid Afrika se gunsteling kunstenaars gaan jou drome laat waar word met ‘n skouspel wat jou wildste drome sal oortref.

Lees meer

“Klassieke musiekliefhebbers kan vanaf Vrydag, 27 Mei kaartjies koop vir Klein Karoo Klassique. Op die program vanjaar is die Suid-Afrikaanse fluitspeler en Grammy-wenner, Wouter Kellerman en intieme musiekuitvoerings deur bekroonde klassieke musici.” Só sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van dié fees, wat van Vrydag, 12 tot Sondag, 14 Augustus op Oudtshoorn aangebied word. Klassique word Vrydagaand deur die SAMA-genomineerde Cape Town Tango Ensemble (Stanislav Angelov, bandoneon & trekklavier; Petrus de Beer, viool; Albert Combrink, klavier en Charles Lazar, kontrabas) met Piazzolla and beyond geopen. Van Astor Piazzolla se gewildste komposisies, waaronder Angel Suite, Four Seasons of Buenos Aires en Adios…

Lees meer

Die eerste reeks van die Suid-Afrikaanse The Voice-sangkompetisie was ongetwyfeld reeds een van die musiek- en vermaakgebeurtenisse van die jaar. As jy dit misgeloop het of weer in die drama en opwinding wil deel, is daar goeie nuus: Vanaf 6 Junie kan jy naderskuif vir die heruitsending op kykNET NOU! (DStv kanaal 146) The Voice SA is die aansteeklike inheemse weergawe van ’n werklikheidsprogram wat sy oorsprong as The Voice of Holland gehad het en intussen suksesvol in 60 lande aangebied is. The Voice was ’n toptreffer in die VSA, Australië en die Verenigde Koninkryk waar supersterre soos Adam Levine,…

Lees meer

Dis wéér tyd vir die jaarlikse Huisgenoot Tempo-toekennings geleentheid. Hier is die Afrikaanse kunstenaars wat Huisgenoot se lesers die afgelope jaar die meeste – en lekkerste – laat gons het en wat deur die Huisgenoot-redaksie vir ’n Tempo-toekenning benoem is. Vanjaar se spoggeleentheid vind op 12 Julie by Emperors Palace in Johannesburg plaas. Kaartjies beloop R150 elk en indien jy die geleentheid sou wou mee maak kan jy ’n e-pos stuur aan tempos@huisgenoot.com. Die publiek kan vanaf vandag vir hul gunsteling op Huisgenoot se webblad stem, klik hier om te stem. Stemme kan ook per SMS ingedien word. SMS die…

Lees meer

Die Ghoema Afrikaanse musiektoekenningsgeleentheid is op 25 April in die Joburg Theater in Johannesburg aangebied. Dis die vyfde jaar wat dié gewilde toekenningsaand met trots geborg deur kykNET aangebied word. Vanjaar is daar ook drie nuwe kategorie op die been gebring. Digitale album-en-liedjie van die Jaar asook luitoon van die jaar. Dis uiteindelik Elvis Blue wat koning gekraai het en is huis toe met nie minder as sewe toekennings. Hy is ook vir sewe toekennings benoem en het glo die rekords laat spat. Hier volg die wenners: Nuweling van die Jaar Leah Musiekvideo van die Jaar Elvis Blue – Die…

Lees meer